Instructions
Somertyd is my gunstelingdrankie ’n heerlike, verfrissende vrugtepons. ’n Yskoue glasbeker gevul met vrugte, ys en sap
is verkwiklik en vrolik ook jou tafel op. Daar is duisende variasies wat jy kan probeer. Die maklikste kombinasie is vrugtesap, soos aarbeisap, gemeng met vonkelwyn, gekapte ys, vars bessies en kruisement. Ek sorg gewoonlik vir een alkoholiese en een nie-alkoholiese variasie.
Sitruspons
Meng 500 ml (2 k) limonade en 250 ml (1 k) Pimm’s in ’n groot glasfles. Sny 1 lemoen en 1 suurlemoen in dun skyfies en
voeg by. Vul die fles met gekapte ys. Voeg ’n hand vol vars kruisement by en skink.
Nie alkoholiese pomelopons
Meng 500 ml (2 k) rooi pomelosap en 1,5 liter limonade in ’n groot glashouer. Skil ’n halwe komkommer en sny in dun
skyfies. Voeg die komkommer en een gesnyde lemoen by die pons. Vul die houer met ys en versier met bloubessies.
Vrugtige appelons
Meng 750 ml (3 k) appelbier (cider), 750 ml (3 k) limonade en 375 ml (1½ k) appelsap in ’n groot glasbeker. Sny 1 groen
appel in dun skyfies en voeg by. Vul die glasbeker met gekapte ys. Sny 250 g (1 klein pakkie) aarbeie middeldeur, voeg
by die pons en meng goed