Somertyd is piekniektyd deur Cornel Dunn. Hooffoto: Johan Wilke
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Soek vir jou ’n skaduplekkie onder een van die groot eikebome by Groot Constantia. Jy kan ’n vooraf-verpakte piekniekmandjie vanaf Simon’s bestel. Die mandjies bevat ’n versameling van patees, doopsouse, baguette’s, tuisgemaakte koue vleise, hoenderslaai, aartappelslaai met mosterdmayonnaise, groenslaai, kaas, beskuitjies en konfyte. Voeg hierby ’n bottel landgoedwyn en jy het die perfekte piekniek.
Webblad: simons.co.za
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Hierdie landgoed kyk uit oor die Noordhoekstrand en die pieknieks is werklik besonders. Die grasperke kyk uit op ’n rustige dam. Daar is heerlike kussings om op te lê sowel as tafels en stoele vir diegene wat dit verkies. Die mandjies sluit couscous-slaai, patee, bobotie pannekoeke, geroosterde eiervrug, plaaslike kase en koeksisters in.
Webblad: cpv.co.za
Kirstenbosch is ’n baie gewilde piekniekbestemming. Hier kan jy jou eie piekniek saamneem of bestel vanaf die restaurant. Die mandjie sluit ’n slaai, toebroodjie van jou keuse, botterbroodjies sowel as water en sap in.
Webblad: ktr.co.za
Hier kan jy kies uit ’n verskeidenheid bestemmings. Dit vind byvoorbeeld plaas op verskeie wynplase, Kirstenbosch sowel as Kelvin Grove en ander plekke. Hier kan jy jou eie piekniekmandjie vul met lekkernye van die kosstalletjies op die perseel.
Webblad: Thegalileo.co.za
Lees ook: Gesonde piekniekresepte
Canto bied ’n unieke piekniekervaring. Hier kan jy ook jou mandjie vul met items waarvan jy hou. ’n Beginner-mandjie kos slegs R110 en sluit kaas, toebroodjies en koue vleis in. Vir die soet tande is daar ook makrolletjies beskikbaar.
Webblad: Cantowines.co.za
Verskaffers:
@Home |home.co.za
Woolworths |woolworths.co.za
Cape Union Mart |capeunionmart.co.za
Mr Price Home |mrphome.co.za
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.