kategorieë: KosSomerkos

Somertert

Genoeg vir 6

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Deeg
• 50 g klapperolie
• 80 ml (⅓ k) water
• 210 g speltmeel
• 2,5 ml (½ t) sout
• hand vol kruie, fyn gekap

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Tert
• 250 g kersietamaties
• 4 klein soetrissies, in die lengte deurgesny en ontpit
• 30 ml (2 e) olyfolie
• 2 groot murgpampoene, met ’n groenteskiller in linte gesny
• 250 g ricotta

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hempsaad-en-basiliekruid-pesto
• 2 groot hande vol basiliekruid
• 125 ml (½ k) hempsaad, fyn gemaal
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 125 ml (½ k) olyfolie
• 60 g parmesaan, gerasper

Voorverhit die oond tot 200 °C.
1 Pak die kersietamaties en soetrissies op ’n oondpan. Gooi 15 ml olyfolie oor en strooi seesoutvlokkies oor.
2 Rooster vir 20-25 min. of tot die tamaties sag is en oopbars.
3 Meng die oorblywende olyfolie deur die murgpampoenlinte.
4 Verhit ’n riffelpan oor hoë hitte.
5 Skroei-rooster die linte vir 2 min. aan elke kant in ’n voorafverhitte, baie warm riffelpan, of tot riffelmerke verskyn.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Deeg
6 Bring die klapperolie en water in ’n kastrol tot kookpunt. Trek van die hitte af.
7 Meng die speltmeel, sout en kruie in ’n groot mengbak. Voeg die watermengsel by en roer tot ’n deeg vorm.
8 Knie tot die deeg heeltemal sag is.
9 Rol die deeg tussen 2 lae bakpapier uit tot 1 cm dik.
10 Haal die boonste laag bakpapier af en lig die deeg met bakpapier en al op ’n bakplaat. Bak vir 15 min. of tot liggoud en effens bros.
11 Pak die groente en ricotta op die halfgaardeeg.
12 Bak vir nog 15-20 min. tot goudkleurig.

Basiliekruidpesto
Maak dit terwyl die tert bak.
14 verwerk die basiliekruid, hempsaad en knoffelhuisies in die voedselverwerker tot glad en deurgemeng.
15 Hou die masjien aan. Hou die olie ’n entjie bokant die bak en voeg stadig by tot die pesto goed gemeng is.
16 Roer die parmesaan by en geur met sout.
17 Skep lepels vol van die basiliepesto op die tert net voor jy dit voorsit.

Lees ook: Somerse groenslaai met ’n rokerige pancetta-slaaisous

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

37 mins Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

1 hour Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

3 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

4 hours Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

6 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

6 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.