Somerse groenslaai met ’n rokerige pancetta-slaaisous
Somerse groenslaai met ’n rokerige pancetta-slaaisous
Serves:8Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
• 1 bossie groen aspersies, geblansjeer en dun gesny
• 150 fyn groenboontjies, geblansjeer en dun gesny
• 200 g peul-ertjies, geblansjeer en dun gesny
• 100 g mange tout, geblansjeer
• 100 g boerbone, geblansjeer
• hand vol kruisement
Pancetta-slaaisous
• 200 g pancetta
• 250 ml (1 k) olyfolie
• 250 ml (1 k) water
• 15 ml (1 e) Dijon-mosterd
• 15 ml (1 e) witwyn-asyn
• 10 ml (2 t) heuning
• 5 ml (1 t) gekapte knoffel
• 45 ml (3 e) volroomjogurt
Instructions
Slaaisous 1 Voorverhit die oond tot 200 °C. 2 Braai die pancetta in die olyfolie in ’n pan oor lae hitte vir 20 min. Haal uit en hou die olie eenkant – dit word in die slaai gebruik. 3 Meng die mosterd, witwynasyn, heuning en knoffel in ’n voedselverwerker. Verwerk tot glad. 4 Voeg die pancetta-gegeurde olyfolie by terwyl die voedselverwerker loop en die sous dik en romerig is. Roer die volroomjogurt deur. 5 Pak die groente op ’n mooi dienbord uit en strooi die krakerige pancetta-brokkies en kruisement bo-oor. 6 Sit die slaai saam met die pancetta-slaaisous voor.