Vanjaar wys ons jou hoe jy met hierdie modes jou selfvertroue kan aanhits. Hoe jy oor jouself voel is, immers die belangrikste element van selfvertroue.
Ons het gaan kyk na wat die bekendes dra, en dit het ons glad nie verbaas dat die stylsusters Kendall en Kylie Jenner oral op sosiale media verskyn met híérdie modes nie. Die mode-ikone wys ons dat partytjiebloese vanjaar meer is as net ‘glitter’. Styl-elemente steel vanjaar die kollig.
Daar is niks mooier as ’n vrou met borrelende selfvertroue nie. Hierdie is die jongste mode-neigings wat jou selfvertroue sal wen, en jou by enige partytjie sal laat sprankel.
Die vier alombekende bloes-modes:
- Die skouerlose bloes
- Die wye mou-bloes
- Die halwe skouer-bloes
- Die halternek-bloes