Soja en sesamsaad biefstuk
Serves: 6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 15 ml (1 e) sesamolie
- 15 ml (1 e) sojasous
- 1 groot kruisskyf (rump)
- growwe sout en gemaalde swartpeper
- 125 ml (½ k) swart sesamsaad, of gewone sesamsaad indien onverkrygbaar
Instructions
Voorverhit die oond tot 200 °C.
- Meng die sesamolie en sojasous en giet oor die biefstuk. Marineer vir minstens 30 min. in die yskas in ’n plastiekhouer.
- Verhit 15 ml (1 e) sesamolie in ’n groot pan oor hoë hitte en skroei die biefstuk daarin vir 2 -3 min. tot goed bruin aan albei kante. Geur met sout en growwe swartpeper.
- Rol die biefstuk onmiddellik in die sesamsaad en laat vir 5 min. rus.
- Sny die biefstuk in papierdun skywe en pak uit op ’n mooi dienbord.
Rooi Rose
Lees Meer
Oosterse samoesas
05/09/2022
Oosterse groenteroerbraai
29/02/2016