Serves:Genoeg vir 4Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
5 ml (1 t) gekapte gemmer
10 ml (2 t) gekapte knoffel
1,25 ml (¼ t) gemengde speserye
60 ml (¼ k) bruinsuiker
60 ml (¼ k) soetrissiesous
125 ml (½ k) water
500 g varkfilet
10 ml (2 t) olyfolie
Groente
’n Hand vol Oosterse slaaiblaartjies soos tat soy
4 pak choy, middeldeur gesny
’n hand vol mange tout
10 ml (2 t) sesam- of sonneblomsaad
’n hand vol babakruieblaartjies
Instructions
1 Meng die gemmer, knoffel, gemengde speserye, bruinsuiker, soetrissiesous en water. 2 Skep 60 ml (¼ k) van die marinade uit en hou eenkant. Sit die filet in die res van die marinade en marineer vir 2 uur of oornag. 3 Voorverhit die oond tot 180 °C. Verhit die olie in ’n pan, lig die filet uit die marinade (hou die marinade) en braai die vleis alkant daarin tot goudbruin. Haal uit, sit op ’n bakplaat en rooster vir nog 10-15 min. In die oond tot gaar. 4 Roerbraai die groente in dieselfde pan en voeg die oorblywende marinade daarby. Braai vinnig vir 4 min. Skep uit en sit met die varkfiletskyfies voor. Strooi sesamsaad en kruieblaartjies oor.