Genoeg vir 6-8
• 4 rooi soetrissies, middeldeur gesny en pitte verwyder
• 30 ml (2 e) olyfolie
• sout en gemaalde swartpeper
• 250 g halloumikaas, in 4 cm plat vingers
• 100 g chorizo, oorlangs in dun skyfies gesny
• ’n hand vol basiliekruidblare
Voorverhit die oond tot 200 °C.
1 Rooster die soetrissies in die oond. Doen dit so: klik hier
2 Laat lê die soetrissies plat op ’n skoon werkvlak.
3 Sit ’n skyfie halloumi in die middel van elke soetrissie gevolg deur twee skyfies chorizo. Rol toe en steek met ’n tandestokkie vas. Sit terug in die oond tot die kaas begin smelt.