kategorieë: VegetariesKosSomerkos

Soetpatats in die kole

Soetpatats in die kole deur Vickie de Beer, bygestaan deur Inemarie Rabe. Foto: Lindy Kriek

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Genoeg vir 6.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • 6 klein patats, skoongeskrop
  • 2 rooi-uie, geskil en in kwarte gesny
  • 400 g-blikkie keker-ertjies, die water afgegooi en met kombuispapier drooggedruk
  • 30 ml (2 e) olyfolie
  • sout
  • 80 ml tahini-pasta (sesamsaadpasta – te kry in die gesondheidsafdeling van supermarkte)
  • 60 ml (¼ k) Bulgaarse jogurt
  • gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen
  • ongeveer 125 ml (½ k) water
  • 80 g botter
  • 100 g fetakaas, grof gekrummel
  • 60 ml (¼ k) granaatpitte
  • 60 ml (¼ k) sesamsaad, liggies gerooster
  • ’n hand vol vars kruisementblare

Metode

  1. Draai die patats in foelie toe en druk tussen die warm kole in. Bak vir 30-40 min. of tot sag.
  2. Sit die uie op die rooster direk oor die kole en braai tot sag en gaar. Haal af en hou eenkant.
  3. Braai die keker-ertjies intussen in die olyfolie in ’n pan tot bros en krakerig. Geur met sout en hou eenkant.
  4. Meng die tahini, jogurt, suurlemoensap en -skil in ’n bakkie. Voeg ’n bietjie water by om dit dunner te maak sodat dit oor die patats gegooi kan word. Hou eenkant.
  5. Haal die patats versigtig uit die kole en trek die foelie af. Sny elke patat in die lengte oop maar moenie heeltemal deursny nie. Geur met sout en skep ’n klontjie botter in elkeen.
  6. Strooi die geroosterde uie, bros keker-ertjies en fetakaas oor die patats in die gleufie.
  7. Gooi die tahinisous in ’n dun straaltjie oor al die patats en tooi die patats laastens met die granaatpitte, sesamsaad en kruisementblare.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Die Brug’ is terug! Wat wag in die tweede seisoen?

Die brug is amper hier!   Die tweede seisoen van Die brug begin vlak onder die wolke…

15 hours Gelede

Middeljare: Krisis of keerpunt?

Deur Maretha Botes     In my internetsoektog na die woord “middeljarekrisis” word ek met…

17 hours Gelede

Koopgids: Ietsie spesiaals vir Ma

Shower to Shower Fresh Glow Shower Crème Die nuwe Shower to Shower Fresh Glow Shower…

21 hours Gelede

Bruintjies in ’n eiertjie

Genoeg vir 12 eiertjies of 6 bruintjies as jy dit in ’n muffinpannetjie bak

2 days Gelede

Ontmoet die akteurs van ‘Niggies’ se 1980’s-era

Episode 4 van Niggies begin in 1966 en wys, onder meer, hoe André (Janru Steenkamp)…

2 days Gelede

La Maison Pommery keer terug na Suid-Afrika

Woorde: Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf     Die handelsmerk was vir etlike…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.