Soetpatats in die kole deur Vickie de Beer, bygestaan deur Inemarie Rabe. Foto: Lindy Kriek
Soetpatats in die kole
Ingredients
- • 6 klein patats, skoongeskrop
- • 2 rooi-uie, geskil en in kwarte gesny
- • 400 g-blikkie keker-ertjies, die water afgegooi en met kombuispapier drooggedruk
- • 30 ml (2 e) olyfolie
- • sout
- • 80 ml tahini-pasta (sesamsaadpasta - te kry in die gesondheidsafdeling van supermarkte)
- • 60 ml (¼ k) Bulgaarse jogurt
- • gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen
- • ongeveer 125 ml (½ k) water
- • 80 g botter
- • 100 g fetakaas, grof gekrummel
- • 60 ml (¼ k) granaatpitte
- • 60 ml (¼ k) sesamsaad, liggies gerooster
- • ’n hand vol vars kruisementblare
Instructions
1 Draai die patats in foelie toe en druk tussen die warm kole in. Bak vir 30-40 min. of tot sag.
2 Sit die uie op die rooster direk oor die kole en braai tot sag en gaar. Haal af en hou eenkant.
3 Braai die keker-ertjies intussen in die olyfolie in ’n pan tot bros en krakerig. Geur met sout en hou eenkant.
4 Meng die tahini, jogurt, suurlemoensap en -skil in ’n bakkie. Voeg ’n bietjie water by om dit dunner te maak sodat dit oor die patats gegooi kan word. Hou eenkant.
5 Haal die patats versigtig uit die kole en trek die foelie af. Sny elke patat in die lengte oop maar moenie heeltemal deursny nie. Geur met sout en skep ’n klontjie botter in elkeen.
6 Strooi die geroosterde uie, bros keker-ertjies en fetakaas oor die patats in die gleufie.
7 Gooi die tahinisous in ’n dun straaltjie oor al die patats en tooi die patats laastens met die granaatpitte, sesamsaad en kruisementblare.