1 k (200 g) gaar patats, fyngemaak met ’n vurk en afgekoel
2½ k (375 g) koekmeel
2 k (300 g) broodmeel
1 eier, liggies geklits
6 e (84 g) sagte botter
1 eier, liggies geklits
1 e (15 ml) melk
Instructions
Strooi die gis oor die melk, roer deur en laat staan vir sowat 5 min.
Sit die gismengsel, patats, meel en eier in ’n voedselverwerker met ’n deeghaak en meng tot die deeg van die kante begin wegtrek. Skakel die verwerker af en skraap die deeg elke nou en dan weg van die kante en die boom om seker te maak al die bestanddele meng goed.
Voeg die botter geleidelik by terwyl die voedselverwerker aan is en meng goed tot al die botter ingemeng is. Bedek die deeg en laat rys vir sowat 1 uur tot dubbel die grootte.
Keer die deeg uit op ’n werksvlak wat liggies met meel bestrooi is. Rol 8 broodrolletjies van sowat 140 g elk uit en sit op die bakplaat. Laat rys vir sowat 15 min.
Verhit die oond tot 200 ˚C. Meng die eier en melk en verf elke broodrolletjie daarmee. Bak vir 20-25 min. of tot goudbruin en gaar. Haal uit en laat op ’n draadrakkie afkoel.