Genoeg vir 4
Bestanddele
- 400 g heel patat in die skil (gebruik geel patats, want oranje of borriepatats trek te veel water)
- 1 eier
- 60 ml amandelmeel
- 60 ml klappermeel
- 45 ml psyllium
- 15 ml olyfolie
Metode
Voorverhit die oond tot 220 °C.
- Bak die heel patats vir 30 min. tot gaar.
- Skil die patats terwyl hulle nog warm is, weeg 400 g patats af en maak fyn.
- Meng die fyn patats met die eier, amandelmeel, klappermeel en psyllium husks.
- Knie die mengsel totdat dit bymekaarkom en soos ’n stewige deeg lyk.
- Voeg nog psyllium husks by indien dit te sag of nat lyk.
- Verhit olyfolie in ’n 25 cm-pan oor matige hitte, verdeel die deeg in 4 dele en rol uit op ’n werkvlak wat met klappermeel bestuif is.
- Bak die deeg vir 4 min. in die pan, of tot goudbruin.
- Keer om en bak vir nog 2 min.
- Herhaal met die res van die deeg. (Voeg nog psyllium husks by indien jy sukkel om die deeg uit te rol.)
Variasies
- Jy kan ook blomkool pleks van patats gebruik.
- Rol die rou mengsel in 2 lang worsies, en sny klein kluitjies of gnocci af, kook in kokende water tot dit na bo dryf en eet soos gnocci met sous.