Verhit 2 e (30 ml) asyn, 2 e (30 ml) suiker en ¼ k (60 ml) water in ’n mikrogolfoond vir ongeveer 30 sekondes, of totdat die suiker gesmelt is.
Sny 1 medium patat in 1 cm skywe en plaas in ’n broodrooster op hoë hitte vir 2 rondtes tot goudbruin en sag.
Meng 1 k van die snoek-mengsel (sien resep onder) saam met ½ k (125 ml) ricotta in ’n mengbak.
Skep 2-3 e van die mengsel op ’n sny patat-roosterbrood en garneer met die gepekelde radyse.
Bedien met die mosterd-mayonnaise (sien resep onder).
Snoekslaai (vir snoek-mengsel)
Serves:4Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
• 400 g gerookte snoek, gevlok en grate versigtig verwyder
• 1 k (250 ml) gaar mieliepitte
• ½ k (6-8) droë appelkose, fyngekap
• ¼ k (60 ml) geroosterde grondboontjies
• 2 grasuie, in skyfies gesny
• ½ fyngekapte rooi-ui
• ’n hand vol gekapte vars koljander
Mosterdslaaisous
• 1 k (250 ml) mayonnaise
• 1 k (250 ml) volroom Griekse jogurt
• ½ k (125 ml) korrelmosterd
• 2 t (10 ml) mosterdpoeier
• 2 t (10 ml) fyngekapte knoffel
• 1 e (10 ml) fyngerasperde gemmer
• 2 e (30 ml) heuning
• sap en skil van een suurlemoen
Instructions
1 Meng die gevlokte vis, mielies, appelkose, grondboontjies, grasuie, rooi-ui en vars koljander in ’n groot mengbak. 2 Meng die mayonnaise, jogurt, korrelmosterd, mosterdpoeier, knoffel, gemmer, heuning en suurlemoen in ’n bakkie.