Maak 4 snye
- Sny 2-3 radyse in baie dun skyfies.
- Verhit 2 e (30 ml) asyn, 2 e (30 ml) suiker en ¼ k (60 ml) water in ’n mikrogolfoond vir ongeveer 30 sekondes, of totdat die suiker gesmelt is.
- Sny 1 medium patat in 1 cm skywe en plaas in ’n broodrooster op hoë hitte vir 2 rondtes tot goudbruin en sag.
- Meng 1 k van die snoek-mengsel (sien resep onder) saam met ½ k (125 ml) ricotta in ’n mengbak.
- Skep 2-3 e van die mengsel op ’n sny patat-roosterbrood en garneer met die gepekelde radyse.
- Bedien met die mosterd-mayonnaise (sien resep onder).