kategorieë: Kos

Soetlief

Hartjiekolwyntjies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Koop sommer klaarbereide kolwyntjies of sjokolademuffins. Rol plastiekversiersel uit op ’n oppervlak wat met mielieblom bestrooi is. Druk ’n sirkel met ’n 7 cm-koekiedrukker uit en druk dan liggies met ’n hartjiekoekiedrukker op die versiersel om hartjiebuitelyne te vorm. Sit die sirkel op ’n klaarbereide sjokolademuffin. Meng ’n teelepel poeiervoedselkleursel met ’n teelepel vodka of jenewer. Verf die hartjie daarmee en laat droog word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Soetkoekies met ’n suikerbolaag

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Rol jou lekkerste soetkoekiedeeg op ’n meelbestrooide werkvlak uit. Druk verskillende groottes hartjies uit die deeg. Strooi gekleurde suikerkristalle of Nicoletta se Cake Crystals oor. Bak soos gewoonlik.

Soetkoekies met aarbeikonfytvulsel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Rol soetkoekiedeeg op ’n meelbestrooide werkvlak uit. Druk met ’n reghoekige koekiedrukker twee blokke uit die deeg. Druk ’n hartjie uit een van die reghoekige blokkies. Gaan so te werk tot die deeg op is. Bak volgens die resepaanwysings. Syg 125 ml aarbeikonfyt deur ’n sif. Sit in ’n kastrol, bring tot kookpunt en laat prut tot die konfyt dik raak. Smeer die konfyt op die koekie en sit ’n koekie met die uitgedrukte hartjie bo-op. Vul die hartjie met konfyt. Laat afkoel.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

2 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

2 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

2 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.