Die Feestyd is altyd vir my ’n deurmekaar mengsel van soet en suur. Wat veronderstel is om ’n rustige, vreugdevolle tydperk te wees, kan vining ontaard in ’n episode van Binneland.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Dit begin by die oornooi van familie. En dan moet jy jou huis slaggereed kry sodat dit lyk soos iets uit Top Billing. Die familie moet darem nie na die tyd te erg skinder nie! Onvoltooide projekte word inderhaas voltooi, beddegoed word gewas en Pinterest word jou beste vriendin.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Tussendeur word tafelplasings ywerig uitgewerk – soos ‘n aanvalsplan. Oom Piet mag nie langs tant Sus sit na die struweling in 1989 nie. Klein Daan hou nie van sy nig nie en dus moet hulle wyd versprei word om konflik te vermy. En so kan ek aangaan …
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Indien jy die bogenoemde sirkus oorleef, kan jy aanbeweeg na die volgende rondte: Kersinkopies. Hierdie is by verre die moeilikste taak. Jy wil iets ouliks en persoonliks koop wat duur lyk en goedkoop is. En om jou emosioneel waansinnig te maak, speel elke winkel dieselfde Boney M-CD. Jy hardloop van winkel na winkel en ontaard in ’n masjien van aankope wat geen inmenging duld nie. ’n Meisie op ’n missie!
Hierna is daar gelukkig net die klein dingetjies oor – soos om ’n spyskaart op te stel wat jou baie basiese kookvermoë verbloem, om vir oulaas ’n milligram te probeer verloor (sodat mense nie kan sien hoe stief die jaar jou werklik behandel het nie), en om jou emosioneel voor te berei op jou broer se stoute kinders.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Ek dink egter ek het die antwoord op al hierdie mal aktiwiteite: Soetkoekies met Prozac. Nie net sal niemand omgee wat in die Kerskous is nie, maar daar sal geen struwelinge wees nie. Die koeldrankvlekke op jou matte sal jou slegs ligweg irriteer en skoonma sal jou beste vriendin word.
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.