1 Verhit sowat 30-45 ml olyfolie oor hoë hitte in middelslagkastrol met ’n deksel. 2 Gooi ’n koppie springmielies by en roer deur tot al die mielies met olie bedek is. 3 Sit die deksel op en wag tot jy die eerste springmielie hoor spring! 4 Verlaag hitte tot matig. Wag tot al die pitte geskiet het. Skud die kastrol nou en dan. 5 Haal af en geur met sout.
Soet springmielies:
(Begin soet kombinasies met gesmelte botter: Smelt 50 g botter oor lae hitte en gooi oor die springmielies.)
- Donkersjokolade en lemoenskil met geroosterde haselneute. - Gesnyde, sagte karamellekkers en amandels met Horlicks. - Melkpoeier, fyn kaneel, neutmuskaat en ’n bietjie naeltjies gemeng met klein malvalekkers en sultanas.