4 klein (baba) komkommers, in die lengte middeldeur gesny
’n hele paar lappies Oosterse gepiekelde gemmer, sowat 6 per bakkie
20 ml (5 t) wasabi-pasta (Japanse peperwortel), meer as jy daarvan hou
125 ml (½ k) sojasous
Instructions
Sny die broccoli in blommetjies en blansjeer vinnig in borrelende kookwater wat met sout gegeur is. Dreineer en laat effens afkoel.
Verwerk die broccoli in ’n voedselverwerker tot fyn korrels.
Gooi die broccoli in ’n middelslag-mengbak, voeg die ryswynasyn by, meng deur en hou eenkant.
Laat lê ’n vel nori in elk van 4 opdienbakkies, laat die hoeke oorsteek.
Sny die geskilde avokado in skywe en sprinkel die lemmetjiesap oor sodat dit nie swart word nie.
Sny die forel in dik repe en pak elke bakkie netjies met die forel, ’n hopie broccoli-rys, skyfies avokado, die komkommer en ’n paar lappies gepekelde gemmer. Sprinkel die sesamsaadjies oor.
Meng die wasabi in sojasous en sit dit in klein bakkies langs die soesjibakkies voor. Sprinkel dit oor die forel sodra jy begin eet.