Soesjibakkie met broccoli-rys deur Vickie de Beer. Foto: Charles Russel.
Die meeste supermarkte hou deesdae die Oosterse bestanddele aan.
Soesjibakkie met broccoli-rys
Serves: 4
Cooking Time:
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 400 g broccoli, sowat een groot kop broccoli
- 45 ml (3 e) ryswynasyn
- 400 g liggies gerookte forel
- 4 velle nori (seewierpapier)
- 2 avokado’s
- uitgedrukte sap van 1 lemmetjie
- 45 ml (3 e) sesamsaadjies, liggies gerooster
- 4 klein (baba) komkommers, in die lengte middeldeur gesny
- ’n hele paar lappies Oosterse gepiekelde gemmer, sowat 6 per bakkie
- 20 ml (5 t) wasabi-pasta (Japanse peperwortel), meer as jy daarvan hou
- 125 ml (½ k) sojasous
Instructions
- Sny die broccoli in blommetjies en blansjeer vinnig in borrelende kookwater wat met sout gegeur is. Dreineer en laat effens afkoel.
- Verwerk die broccoli in ’n voedselverwerker tot fyn korrels.
- Gooi die broccoli in ’n middelslag-mengbak, voeg die ryswynasyn by, meng deur en hou eenkant.
- Laat lê ’n vel nori in elk van 4 opdienbakkies, laat die hoeke oorsteek.
- Sny die geskilde avokado in skywe en sprinkel die lemmetjiesap oor sodat dit nie swart word nie.
- Sny die forel in dik repe en pak elke bakkie netjies met die forel, ’n hopie broccoli-rys, skyfies avokado, die komkommer en ’n paar lappies gepekelde gemmer. Sprinkel die sesamsaadjies oor.
- Meng die wasabi in sojasous en sit dit in klein bakkies langs die soesjibakkies voor. Sprinkel dit oor die forel sodra jy begin eet.
Catherine Schenck
Lees Meer
5 vinnige visresepte vir aandete
20/01/2025
Dadelkoek
16/01/2025