1 Spoel die rys in ’n vergiettes onder koue lopende water af tot die water skoon is. Dreineer en laat vir 1 uur in die sif staan. Skep die rys in ’n middelslagkastrol en voeg die water by. 2 Bedek en laat vir 5 min. by hoë hitte kook. Verlaag die hitte en laat vir 10 min. prut. Moenie die deksel oplig nie. Laat die rys vir nog 15 min. in die kastrol stoom. 3 Meng die ryswyn, suiker en sout tot die suiker opgelos is. Skep die soesji-rys in ’n plat, vlak bak en sprei eweredig uit. Gooi die asynmengsel oor die rys en vou dit in. 4 Waai die rys met ’n stuk karton of ’n waaier koud terwyl jy dit meng. Anders as gewone rys, móét hierdie rys klewerig wees.
Voer ’n reghoekige pan met kleefplastiek uit.
1 Meng die gaar rys met die sesamsaad en verdeel die rys in twee dele. Druk die helfte van die rys in die pan vas. 2 Pak die salm en die avokadopeer eweredig op die rys tot dit heeltemal bedek is. Skep die ander helfte van die soesji-rys op die salm en versprei dit eweredig. Bedek met kleefplastiek. 3 Sit ’n stuk karton of skuimplastiek so groot soos die binnekant van die pan op die rys en sit iets swaars, soos ’n blok botter of blikkieskos, bo-op om die soesji stewig vas te druk. 4 Laat vir minstens ’n uur in die yskas rus. Keer op ’n kapplank uit en sny met ’n skerp mes eers in vierkante en dan in driehoekies. Sit voor saam met sojasous, wasabi en pekelgemmer.