kategorieë: Ons menseBekendes

Soene by dosyne,maar Natasha kry die trekpas in Op my eish!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die episode het afgeskop met ’n groepafspraak met Runet, Katja, Thelmané, Christine en Chaunté. Dié dames het lekker saam met Brendan gaan perdry, maar die perde het nie vir al die vroue kans gegee om met hom te praat nie. Thelmané het egter seker gemaak haar perd werk saam. Dié tweetjies het lekker eenkant gesels en die ander laat wonder waaroor hulle gesprek gaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Showmax se universiteitsdrama, Wyfie, se lokprent is hier!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maar Katja was toe die gelukkige een wat behoorlike alleentyd met Brendan gekry het. Hulle het ’n piekniek onder ’n pragtige wilgerboom in die middel van nêrens gehou. Brendan en Katja het nie net ’n bietjie dieper gedelf en mekaar beter leer ken nie – daar is ook soene by dosyne uitgedeel. Dit lyk of dié twee die skoot hoog deur het.

Daarna het Brendan vier meisies genooi om saam met hom na een van sy optredes te gaan. Rachelle, Natasha, Jonelle en Janae het vroegoggend in Brendan se toerbussie geklim en die pad na Dundee in KwaZulu-Natal aangedurf.

Die groep het gestop vir ’n ruskans, en Brendan het van dié gaping gebruik gemaak om eenkant met Natasha te gesels. Natasha het vir Brendan vertel sy het ’n voëltjie hoor fluit dat sy binnekort haar tasse sal moet pak. Brendan was verbaas oor haar woorde, maar het haar in kennis gestel dat dit ongelukkig werklik die geval is.

“Ek het nie gedink ek gaan regtig huis toe gestuur word nie. Die optrede waarnatoe ons op pad was, het my so opgewonde gemaak. Toe Brendan my vra vir alleentyd het ek dit gesien as ’n geleentheid om mekaar op ’n dieper vlak te leer ken. Ek is heeltemal onkant gevang,” vertel Natasha.

Rachelle het tranerig geraak oor Natasha wat die trekpas gekry het, maar sy het nietemin ’n fantastiese aand gehad. Net voor Brendan op die verhoog moes gaan, het hy vir Rachelle genooi om ’n entjie saam met hom te stap. Terwyl Rachelle lekker aan die gesels was, het Brendan vir ’n soen gevra. Rachelle was in die sewende hemel en kon nie wag vir die volgende geleentheid nie.

Uit die voorsmakie van die volgende episode lei ’n mens af dat speeltyd verby is. Van nou af woord daar kaalvuis ingeklim.

Op my eish! word elke Donderdagaand om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Dit is ook beskikbaar op DStv Catch Up en DStv Stream.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met ‘Die Kontrak’ se naaswenner, Mirandi

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

3 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

4 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

5 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

7 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

10 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.