Só verseker jy ’n sorgelose aftrede deur Anet Schoeman. Hooffoto: pexels
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Lizl Budhram, hoof van advies by Old Mutual, sê sy sien gereeld hoe mense oë toeknyp en hoop op die beste. “Baie mense dink hul kinders sal na hulle omsien. Of hulle glo dat hul groot huis ’n goeie bate is wat hulle heelwat los kapitaal gaan gee wanneer hulle na ’n kleiner blyplek in ’n aftree-oord verhuis. Helaas, kinders is nie altyd in die posisie om na jou om te sien nie, en hulle het ook hul eie lewe om te lei. ’n Kleiner plek in ’n aftree-oord is soms duurder as jou groot vrystaande huis en kan jou ekstra uit die sak jaag as jy nie aan lewenstyl wil inboet nie.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Hier is nog ’n paar foute waarvoor almal moet oppas.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Maak seker jy verstaan wat jy gaan nodig hê. Wees spesifiek in waar jy beoog om te woon, wat inflasie aan jou kapitaal gaan doen, en wat jou lewenstyl gaan kos. Kyk of jou huidige aftreevoorsiening in jou behoeftes gaan voorsien.
Lees ook: Tree op voor jy aftree
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Baie mense hoop hul pensioenfonds gaan genoeg wees en spaar glad nie vir hul oudag nie. As jy reeds afgetree het en met ’n skok besef dat jy nie genoeg gespaar het nie, is jy nie alleen nie. Lizl sê daar is steeds dinge wat jy kan doen om jou situasie te verbeter. As jy in ’n posisie is om langer te werk of ’n tweede beroep te vestig, is dit ’n goeie idee. As jy nie langer kan werk nie, moet jy die meeste maak van die geld wat jy het. Hier is ’n goeie finansiële adviseur onmisbaar om jou leiding te gee, en ook om jou kalm te laat voel oor die kapitaal wat jy het. Mense raak so paniekerig oor hul situasie dat dit hul gesondheid kan benadeel.
Lees ook: Kan jy bekostig om af te tree?
Daar is hoofsaaklik twee tipes inkomste-annuïteite wat met jou pensioenfonds se kapitaal aangekoop kan word: gewaarborgde annuïteit en leeftyd-annuïteit.
Maak seker jy is op die hoogte van jou finansies. Werk met mense wat moeite doen en presies verstaan wat jou behoeftes is. As jou gade gewoonlik met jul geld werk, is dit noodsaaklik dat jy saamgaan vir die besprekings met die finansiële adviseur. Afhangend van hoe jul pensioen gestruktureer is, kan dit soms net betaal tot die hooflid sterf.
Lees ook: Gemoedsrus
Besin oor hoeveel geld jy jaarliks uit jou leeftyd-annuïteit gaan trek. As jy te veel onttrek, kan jou kapitaal verminder en dus ook jou inkomste. Jou kapitaal kan soms selfs heeltemal opraak. Ingevolge wetgewing kan jy tussen 2,5% en 17% per jaar uit jou leeftyd-annuïteit trek. Mense trek geld om hul lewenstyl aan te vul maar dan is daar die moontlikheid dat jy jou kapitaal uitput.
Te veel risiko kan jou ruïneer, maar te min risiko kan maak dat inflasie jou ruïneer. Lizl waarsku dat inflasie jou koopkrag elke sewe jaar byna halveer. Dus, as jy spaargeld het waarvan die waarde nie styg soos inflasie toeneem nie, gaan jy ná sowat sewe jaar 50% minder daarmee kan koop. Boonop leef ons langer, maar met heelwat duur mediese ingrypings. Mediese fondse dek nie alle uitgawes ten volle nie en het ook beperkings op duur kankerbehandelings. Hier is ’n goeie finansiële beplanner goud werd.
Sommige pensioenfondse betaal steeds die langslewende gade as een sterf, maar ander betaal net solank die hooflid leef.
Beplan betyds om jou huis en voertuie voor aftrede af te betaal. Dis ’n meulsteen om jou nek wat jou pensioengeld gaan knou.
Dit is belangrik om advies in te win, want elkeen se situasie is uniek. Soms kan dit tot jou voordeel strek om ten tyde van jou aftrede ’n enkelbedrag kontant uit jou pensioengeld te trek om skuld af te betaal omdat die belasting wat jy daarop betaal minder kan wees as die rente wat jy op die skuld betaal. Maar dis uniek aan elke situasie en jy het die advies van ’n kenner nodig.
Ouers wil hul kinders graag help, maar dink mooi voor jy pa staan vir verdere studie of ander groot uitgawes van jou volwasse kinders. Jy benadeel jou langtermynsekuriteit en oor 10 of 15 jaar sit jy dalk in ’n geldelike verknorsing en die kinders kan of wil nie help nie.
Lizl sê as die adviseur tyd aan jou situasie bestee en moeite doen om vas te stel wat jou behoeftes is en seker maak dat jy alles verstaan, is dit klaar ’n goeie beginpunt. Dis ook beter as jy vroeg in jou lewe al ’n adviseur kry sodat jy hom/haar vertrou en al ’n pad saam gestap het. Dis ook noodsaaklik om betrokke te raak en eienaarskap van die beplanning te neem. Moenie bang wees om te vra wat die adviseur se fooi is en watter dienste hy daarvoor lewer nie. Vra ook wat die persentasiefooi se randwaarde per jaar is.
Lees ook: Vaal huwelik? Ja, jy kan joune red
Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…
Deur Mariette Snyman “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…
Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier! Modern 14 F13MG Kleinhandelaar:…
Foto's: Instagram/Bernice West Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…
Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Hierdie webwerf gebruik koekies.