Só sorg Cadbury vir boere en gemeenskappe. Inligting en foto’s verskaf. {Promosie}
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Melksjokolade is sinoniem met die “een en ’n halwe glase melk” wat in Cadbury Dairy Milk-sjokolade gebruik word. Maar het jy geweet dat 70% van die wêreld se kakao deur Wes-Afrika boere verbou word?
Kakao-boere en hulle gemeenskappe staar komplekse uitdagings in die gesig, insluitend klimaatsveranderings, genderongelykheid, armoede en kinderarbeid. Cocoa Life spreek hierdie uitdagings holisties aan deur saam met die kakao-gemeenskappe te werk.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Die fokusareas is: om van kakaoverbouing ’n goeie loopbaankeuse te maak, inklusiewe en bemagtigde gemeenskappe te skep en die woude waar kakao verbou word te beskerm en te herstel. Deur dít te doen gee Cocoa Life kakao-boere, hulle families en hulle gemeenkappe die geleentheid om te groei en te floreer.
Cocoa Life is Mondelēz International se kakao volhoubaarheidsprogram. “Die doelwit van Cocoa Life is om te verseker dat die kakao wat in Cadbury-sjokolade gebruik word ‘reg geproduseer’ word,’ sê Yaa Peprah Amekudzi, die leier van Cocoa Life in Ghana.
Mondelēz International belê sedert 2012 in gemeenskapsontwikkeling in die kakaosektor deur Cocoa Life. Vanaf die begin van die program het Cocoa Life die lewens van meer as 142 000 kakao-boere in meer as 1 400 gemeenskappe positief beïnvloed. Hierdie gemeenskappe strek oor Ghana, die Ivoorkus, Indonesië, Brasilië, die Dominikaanse Republiek en Indië. Cocoa Life help boere om vaardighede en kennis te bekom sodat hulle gemeenskappe versterk en die volgende generasie kakao-boere geïnspireer kan word.
Cadbury Dairy Milk werk hand-aan-hand met die mans en vroue wat hulle bestaan maak deur kakao in die Cocoa Life-gemeenskappe. Cocoa Life skep ’n beweging vir volhoubare verandering wat diep gegrond is in samewerking en vennootskappe oor alle sektore. Deur die Cocoa Life-logo te kies weet jy dat jy ons sjokolade kan geniet, aangesien dit op die regte manier verbou is.
Deur drie areas van intervensie is Cocoa Life besig om geleenthede daar te stel:
Yaa Peprah Amekudzi het die program met slegs 100 gemeenskappe in 7 distrikte in Ghana se kakaobelt begin. Sy het daarin geslaag om binne ’n dekade 450 gemeenskappe in 17 distrikte en 5 streke te bereik.
Nie alleen is 38 41 kakao-boere direk deur die program beïnvloed nie, maar ook 415 464 gemeenskapslede – waarvan byna die helfte jongmense is. Hierdie benadering – om beide boere én gemeenskappe te help – is die sleutel om kakao reg te verbou.
Tans word 45% van Suid-Afrika se Cadbury Dairy Milk-sjokolade gemaak van Cocoa Life-kakao. Cadbury wil hê dat dit teen 2025 ’n volle 100% moet wees. ’n Cocoa Life-logo is ook op alle Cadbury Dairy Milk-sjokolade.
Yaa Peprah Amekudzi is die leier van Cocoa Life sedert die ontstaan in Ghana 10 jaar gelede. Hoewel dit eers as die Cadbury Cocoa Partnership bekend was, het dit oor die afgelope dekade strategiese vennootskappe met beide regeringsagentskappe en NRO’s gevorm. Só word die kern-oorsake van die komplekse uitdagings wat kakao-boere in die gesig staar aangespreek.
Behalwe Cocoa Life is Yaa ook die mede-voorsitter van die stuurkomitee van die Ghana Cacao Platform, ’n lid van die Ghana-stuurkomitee van die Kakao-en-bosbou-inisiatief en ’n lid van Ghana se Nasionale bevolkingsraad.
Vir nog inligting oor Cocoa Life en sy inisiatiewe wêreldwyd, besoek gerus www.cocoalife.org
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.