Versorg deur Mariette Snyman. Foto: Jimmy Conover vir Unsplash
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }“Bewegende babas en peuters is die beste omgewingsinspekteurs in die wêreld,” sê die Johannesburgse neuro-ontwikkelingskenner, dr. Melodie de Jager, met ’n vonkel in die oog. “Hulle vind gevare waarvan jy nie eens geweet het nie.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
In Speel-speel slim, Melodie se briljante ontwikkelingsgids vir kinders van geboorte tot 3 jaar (Mind Moves Institute Publishing) gee sy die volgende wenke:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Trappe roep uit: “Kom speel met my!” Leer jou baba en kleuter om veilig, onder toesig, by trappe op en af te klim. Dit is uitstekende groot motoriese oefening. Wanneer jy nie jou baba kan dophou as hy by die trappe speel nie, sit veiligheidshekke met nou sparre aan die bo- en onderkant van die trappe.
Babas en peuter is mal oor water, dalk omdat hulle nege maande lank in water was. Moet nooit ’n baba alleen in die bad los nie, al is die water vlak. Ongelukke gebeur in ’n oogwink. Beveilig die krane én die toilet.
Beddens is sag en vloere is hard. Moet nooit jou baba sonder toesig op ’n bed los nie – vanaf die oomblik wat sy begin rol, is ’n bed nie ’n veilige speelplek nie.
Beveilig elektriese bedrading, en bedek kragproppe met veiligheidsproppe.
As jou peuter eers kan loop, gebruik liewer sover moontlik die agterste plate van die stoof, en maak seker die handvatsels van potte is na die muur gedraai. Plaas messe en skerp kombuisgereedskap aan die agterkant van die oppervlak waar nuuskierige handjies dit nie kan bykom nie.
Gifstowwe en skoonmaakmiddels het die manier om ’n plek onder die opwasbak te vind. Sluit die kasdeur met ’n slot, en hou dit gesluit. Onthou: jou peuter wil raak waaraan jý raak. Sluit ook vuuraanstekers, alkohol en sigarette weg.
Beveilig kaggels en belê in verwarmers waarvan die oppervlak koel bly.
Nes in die geval van water en trappe, roep die kasdeure: “Kom speel met my!” Sit veiligheidsknippe aan kasdeure om te keer dat kleine vingertjies daarin vasgeknyp word. Hou een lae kas vir jou baba of peuter oop waar sy die rakke kan uitpak, die items sien val en dit dan weer terugpak. Moet niks waardevols daar stoor nie, maar sluit tog items in wat lewensgetrou is sodat sy die ervarings het wat jy het en sodat sy kan vat aan dit waaraan jy vat. Dit doen wondere vir haar emosionele en sosiale ontwikkeling. Speelgoedkastrolle en lepels het nou maar eenmaal nie dieselfde genotswaarde as regte kastrolle en lepels nie.
Pak jou lang tafeldoeke weg wanneer jou baba begin kruip. Dit is pret om met ’n tafeldoek koekeloer te speel, maar die gesin se kristalbak of ’n warm koppie koffie kan in die proses op jou peuter of kleuter afkom.
Maak seker jou boekrakke en meubels is stewig en dat dit nie op klouterende peuters sal omval nie.
Lees nog: ‘Mamma, jy speel nooit saam met my nie!’ Hoekom speeltyd so belangrik is
Daar is darem niks lekkerder as patats wat in die kole gebak is nie. Gee…
Skiet springmielies so: Verhit sowat 30-45 ml olyfolie oor hoë hitte in middelslagkastrol met…
Genoeg vir 4 Bestanddele 4 hoenderborsies in blokkies gesny (gebruik 1 borsie…
In hierdie episode is daar frustrasie, irritasie, hartseer en selfverwyt – alles bestanddele vir ’n…
Plantgebaseerde kosse is nou groot nuus. Dis goed vir jou om meer veselryke groente te…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Kyra Welch. Maryna Calow is sedert 2016 Wines of…
Hierdie webwerf gebruik koekies.