kategorieë: Blogs

So hoekom nie vandag nie?

Die jaar vang skielik spoed. Ure in die dag word ál minder, dagboeke ál voller en geduld . . . nou ja, geduld is skaars, baie skaars. Ons luilekker vroeg-Januarie draffie is skielik ’n ultra-marathon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Toe ruk die een nuusberig na die ander my tot stilstand. Ek val van my treadmill af en raak die pad byster.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

’n Ou vriendin hoor sy’t kanker. ’n Ander se man is ernstig siek. En oorkant my in die hospitaal sit ’n ma wie se matriekseun na ’n motorfietsongeluk in Desember sy planne moet laat vaar om beroepsrugby te speel; sy universiteitsbeurs skielik niks werd. Erger nog, sy been aan’t skerwe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Want die lewe het ander planne gehad.

Hoe gemaak as jy skielik hoor jy het enkele weke om te leef? As jy nie weet of jy ooit weer uit jou bed gaan opstaan nie? As jou fiets om ’n draai die pad verlaat en jy weet niks sal ooit weer wees soos dit was nie?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Eish. Ek wonder, en vra my pa.

“Wel, jy sal nie in die winkels rondloop nie.” Wysheid met die grysheid, dink ek toe ek daardie middag straat-af ry om brood en melk te koop. As jy min dae het sal jy nie drentel nie, jy sal doen. Stadig doen. Dink ek. Weet dan: dis nie so maklik nie.

Wat sal jy doen as jy weke het om te leef?

Ek sal:
• vergeet van diets en dinge en melktert eet vir brêkfis as ek kan;
• geen slapelose nagte hê oor wat ek môre sal aantrek en wat ander dink nie;
• elke aand op die stoep sit, na die sonsondergang kyk; in my hand ’n glas yskoue witwyn;
• elke woord wat my kinders sê geduldig beluister en bedink en hulle toelaat om saam met ons in die bed te kom lepellê, elke aand;
• elke dag met my man, ma, pa, broers, susters, vriende en vriendinne praat en baie lag oor dít wat ons deel; en
• diep asemhaal as dit moeilik gaan en weet dis ok, ek is nie alleen nie.

So hoekom nie vandag nie? En net daar trek ek my tekkies aan en begin weer met ’n vroeg Januarie-draffie. En hierdie keer hou ek die spoed onder beheer.

Tot volgende week,

Marí
www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

1 day Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

1 day Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

1 day Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

1 day Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.