Voordele
– Die kleur is meer intens en as jy ’n stelling met jou lippe wil maak, is dit beslis vir jou!
– Dit is ’n groot trend op die oomblik, en as jy daarvan hou om modeneigings na te volg, is dit ’n goeie keuse.
– Mat kleure is geneig om langer aan te bly.
Nadele
– Foute is meer opsigtelik omdat die kleur so intens is. So, jy moet dit met ’n presiese hand aanwend.
– Dit kan jou lippe droog laat voel.
– As jy velletjies of plooitjies op jou lippe het, kan die mat lipstiffie dit erger laat lyk.
Rebecca Restrepo, Internasionale grimeerkunstenaar vir Elizabeth Arden, se wenk vir wanneer jy mat lipstiffie wil dra: “Borsel jou lippe saggies met ’n tandeborsel om enige dooie velletjies af te skilfer. Gebruik dan ’n ertjiegrootte lipbalsem vir vog.” Nou behoort jou lippe reg te wees vir die mat kleur.
Ons sê probeer