Krulkool of kale is die jongste gier aan die smulkosfront. Dié fraai, krulblaarkool word in die oond gebak tot krakerig en dan soos tjips as ’n snoephappie voorgesit. Koop die kool by Woolworths of plaasmarkte.
1 sny al die harde stingels af. 2 Was die blare en droog deeglik af. 3 Sprinkel ’n bietjie olyfolie oor en vryf dit in tot die blare met die olie bedek is. 4 Sit op ’n bakplaat en bak vir 10 min. by 150 °C. 5 Draai die bakplaat eenkeer om. 6 Haal uit en laat vir 3 min. staan tot krakerig. 7 Strooi sout, paprika of brandrissievlokkies oor en sit voor.