Snork kan jou slaapmaat irriteer. Dalk skop hy of sy jou selfs uit die bed. Dit kan jou ’n ongewilde oorslaap gas maak. Dit is veral vir ons as vroue ’n verleentheid.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Maar daar is darem een troos: dit kan nie jou lewe kos nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Slaapapnee is ’n ander storie – ’n gevaarlike een. Dit beteken dat jy nooit diep slaap nie, dat jy snags ophou asemhaal en dat jy na jare daarvan kan opeindig met hoë bloeddruk, beroerte, ’n hartaanval en/of diabetes.
Tensy jy ingryp. Wat moet jy weet van obstruktiewe slaapapnee (OSA)? En wat kan jy daaraan doen? Ons gesels met Dr. Ronel Podde, tandarts van Pretoria wat in snorkapparate vir mense met slaapapnee spesialiseer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Wat is slaapapnee?
Jy hou op asemhaal terwyl jy slaap. Dit word obstruktiewe slaapapnee (OSA) genoem omdat jou keel letterlik toeval. As iemand jou sou dophou, sal hy sien hoe jy begin worstel vir lug, meestal so intens dat jy wakker word en letterlik met ’n harde snork na jou asem snak.
In meer besonderhede:
As jou keel toeval en jy dus nie lug inneem nie, bou die koolstofdioksiedvlak in jou bloed op. Sodra dit ’n spesifieke vlak bereik, kry jou brein die sein dat hy jou moet wakker maak sodat jy kan asemhaal – baie soos wat gaap ’n sein aan die brein is dat daar te min suurstof in jou bloed is. Jy word wakker, snak na asem en sink weer in slaap in.
Hoe verskil apnee van gewone snork?
Hier is die drie groot verskille:
• Jy hou kort-kort op met asemhaal
Dit is normaal om tydens slaap tot soveel as vier keer per uur op te hou asemhaal. Mense met OSA word egter tot 600 keer per nag wakker.
• Jy word doodmoeg wakker
Mense wat normaal snork maar goed slaap, is die volgende dag uitgerus – al is hulle slaapmaat nie. Mense met OSA kom nooit in die diepslaap fase nie, juis omdat hulle kort-kort wakker word. Hulle is tipies bedags doodmoeg en dommel in sodra hulle iewers rustig sit.
• Jou werksvermoë is aangetas
Mense met OSA sukkel weens breinmoegheid om hul werk aan te pak, te beplan, te konsentreer, nuwe dinge te leer en inligting te onthou.
Hoekom moet jy slaapapnee behandel?
Omdat onbehandelde OSA jou lewe verkort. Omdat jy ophou asemhaal word die suurstof in jou bloed opgebruik, wat lei tot ligte beroertetjies en selfs breinskade. Op die minste kan jy verwag om altyd moeg en ‘af’ te voel omdat jy nooit goeie gehalte slaap kry nie.
Mense met OSA is tipies buierig en knorrig, en is meer geneig tot depressie as nie-snorkers. OSA-lyers is tipies bedags slaperig, en dommel in sodra hulle iewers stil sit.
Dit kan óók gebeur as jy bestuur of met masjinerie moet werk – met ’n groot risiko op ongelukke. Omdat jou brein oormoeg is, sal jy sukkel om te konsentreer, nuwe dinge te leer, take te voltooi en te onthou.
Dit beteken laer werksproduktiwiteit … wat jou loopbaan en dus jou finansies gaan knou omdat jou brein jou nie gaan toelaat om jou beste te lewer nie.
Hoe weet jy jy het slaapapnee?
Jy sal nie weet nie. Mense met slaapapnee is onbewus daarvan, selfs al word hulle honderde kere snags wakker. Jou slaapmaat is die een wat sal weet.
Die werklike toets is hoe jy voel: jy slaap oorgenoeg ure maar is bedags doodmoeg. Laat toets vir OSA as jy ’n snorker is.
Die tekens van slaapapnee
Die tekens van slaapapnee waarna jou slaapmaat moet oplet is:
• Snork jy egalig en ritmies? Dan is alles in orde.
• Hou jy aanhoudend op met snork, sodat jy vir kort tydjies doodstil is?
• Hou jy op met asemhaal in hierdie tydjies?
• Snak jy nou na asem en begin dan weer snork?
Planne met slaapapnee
1 Gaan na ’n oor-, neus- en keelspesialis vir ’n behoorlike diagnose.
Hy sal jou gewoonlik na ’n slaapkliniek verwys.
2 Kry jou sinusse oop
Hy sal ook jou sinusse ondersoek en seker maak dat verstoppings hier nie die rede is dat jy nie kan asemhaal nie. As jy adenoïede, mangels, sinuspoliepe of ’n skewe septum het, sal hy moontlik chirurgie daarvoor aanbeveel.
3 Kry ’n CPAP
Tot op hede bly die CPAP (continuous positive airway pressure) toestel die beste behandeling. Dit help vir rondom 70% van gebruikers, maar terselfdertyd vind vier uit elke vyf mense dit te ongemaklik. Hulle pas nie aan nie en hou dus op, en bly onbehandeld. Die CPAP-ventilators lyk en voel soos ’n duikbril en snorkel met ’n masjientjie wat lug deur jou neus in jou luggange inforseer. Die topmodelle maak die lug vogtig en warm sodat jou keel nie uitdroog nie.
4 Kry ’n MAA
Dit is ’n tipe mondstut wat jou onderkaak vorentoe trek – ’n ‘mandibular advancement appliance’. Rondom 90% van mense pas maklik by MAAs aan, en daarom bly hulle dit gebruik. Dus, al is die CPAP die beste terapie is die MAA die doeltreffendste oplossing. MAAs word pasgemaak vir jou, deur tandartse wat hierin opgelei is. Vra jou dokter vir ’n verwysing.
Bron: Dr. Ronel Podde (tandarts wat opgelei is om MAAs te pas)
Lees ook: Slaap en menopouse
Sy is nie net die eerste dowe vrou om as Mej. Suid-Afrika gekroon te word…
Het jy geweet dat meer vroue jaarliks aan hartvatsiektes en beroertes sterf as mans? Gelukkig kan…
Resep: 'Dairy Gives You Go' Bestanddele 1 ½ koppie gladde medium-vet maaskaas – kamer…
Daar is baie maniere en wenke om vetplante te laat gedy. Hier is nege wenke…
As Karlien van Jaarsveld die horlosie kon terugdraai, sou sy dieselfde keuses gemaak het, want…
Resep: 'Dairy Gives You Go' Bestanddele 2 koppies koekmeel ¾ koppie Amasi ¼…
Hierdie webwerf gebruik koekies.