kategorieë: KersfeesKosSomerkos

Snoek met soetpatats, roerbraaigroente en slaai

Gaan só te werk

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1 Verhit die oond tot 200 °C.
2 Meng al die bestanddele vir die patats en bak vir 30 min. in ’n oondpan.
3 Rasper intussen die komkommer, wortels en murgpampoentjies en hou in die yskas tot benodig.
4 Meng die slaaisous vir die komkommerslaai en maak die appelkoos-en-soja-sous vir die snoek.
5 Smeer die snoek met die appelkoossous en rooster sodra die patats uit die oond is. Hou warm.
6 Roerbraai die aspersies en broccoli. Gooi die slaaisous oor die komkommerslaai.
7 Sit die snoek saam met die patats, groente en komkommerslaai voor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Snoek met appelkoos-en-sojasous

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Genoeg vir 6

15 ml (1 e) olyfolie om oor te sprinkel
10 ml (2 t) vars gemmer, fyn gerasper
2 knoffelhuisies, gekneus
30 ml (2 e) appelkooskonfyt
30 ml (2 e) sojasous
1 gevlekte en skoongemaakte snoek van sowat 1,3 kg

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n bakplaat met olie.
1 Meng die gemmer, knoffel, appelkooskonfyt en sojasous.
2 Smeer die helfte van die sous oor die snoek en sit die vis op die velkant op ’n bakplaat, of op ’n rooster oor die kole.
3 Bak of rooster vir sowat 30 min. of tot gaar. Bedruip die snoek kort-kort met die res van die sous.

Nog idees
– Voeg 1 t gekapte brandrissie by as ’n smaakvariasie.
– Gebruik heuning as jy nie appelkooskonfyt het nie.
– Wees op die uitkyk na liggies gerookte snoek by Woolworths en Checkers. dit word regtig in ’n kits gaar.

Soetpatats

Genoeg vir 6

6 patats met skil, gewas en in dik skywe gesny
2 lemmetjies, middeldeur gesny
30 ml (2 e) mango- of perskeblatjang
30 ml (2 e) sojasous
30 ml (2 e) olyfolie
1 rooi rissie, fyn gekap
sout en gemaalde swartpeper
hand vol koljanderblare, gekap

Voorverhit die oond tot 220 °C.
1 Kook die patats vir 5-10 min. tot sag maar nog ferm genoeg om die vorm te behou. Dreineer en pak in ’n diep oondpan. Druk die sap van een lemmetjie bo-oor.
2 Meng die sap van die ander lemmetjie, blatjang, sojasous, olyfolie en die rissie. Smeer die sous oor die patats en geur na smaak. Bak vir sowat 30 min. tot goudbruin en gaar. Draai een keer in die baktyd om.
3 Strooi die koljanderblare net voor ete oor.

Roerbraaigroente

Genoeg vir 6

1 rooi rissie, fyn gekap (opsioneel)
1 knoffelhuisie, gekneus en fyn gekap
30 ml (2 e) sojasous
60 ml (¼ k) olyfolie
sap van 1 lemmetjie
15 ml (1 e) sesamolie
2 hande vol broccoli, in die lengte middeldeur gesny
2 hande vol aspersiepunte, in die lengte middeldeur gesny
sout en gemaalde swartpeper

1 Meng die rissie, knoffel, sojasous, olyfolie, lemmetjiesap en sesamolie.
2 Blansjeer die broccoli en aspersies vir 30 sekondes in kokende water. Dreineer.
3 Roerbraai die broccoli en aspersies in sarsies vir 2 min. saam met van die sous in ’n verhitte pan oor matige – hoë hitte. Geur na smaak.

Nog idees
– Jy kan ook ’n hand vol fyn boontjies en babaspinasieblare byvoeg om die resep ’n bietjie te rek.
– Liggies geroosterde kasjoeneute gee ’n lekker smaak aan die roerbraai.

Komkommer-wortel-en-murgpampoentjie-slaai

Genoeg vir 6

4 wortels, geskil en grof gerasper
1 komkommer, grof gerasper
4 murgpampoentjies, grof gerasper
1 rooi brandrissie, fyn gekap
15 ml (1 e) vars gemmer, geskil en fyn gerasper
2 knoffelhuisies, gekneus en fyn gekap
hand vol koljanderblare, gekap
fyn gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen
30 ml (2 e) sojasous
30 ml (2 e) sesamsaadolie
60 ml (4 e) olyfolie
100 g (1 pakkie) grondboontjies, liggies gerooster
hand vol vars kruisementblare

1 Meng die wortels, komkommer en murgpampoentjies en skep in ’n dienbord.
2 Meng die rissie, gemmer, knoffel, koljander, suurlemoensap en -skil, sojasous, sesam-saadolie en olyfolie in ’n ander houer saam.
3 Roer die sous deur die slaai en strooi die grondboontjies en kruisement oor.

Nog idees
– Jy kan die slaai nog kleurryker maak deur gerasperde rou beet by te voeg. Dit verkleur alles – voeg dit liefs laaste by nadat jy die sous bygevoeg het.
– Vervang die grondboontjies deur liggies geroosterde sesamsaadjies vir ’n ander smaakvariasie.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

3 mins Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

11 mins Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

15 mins Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

34 mins Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

1 hour Gelede

Heerlike winterpastagebak

Hierdie heerlike pastagebak is genoeg vir 6 porsies.

1 hour Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.