400 g gerookte snoek, gevlok en grate versigtig verwyder
1 k (250 ml) gaar mieliepitte
½ k (6-8) droë appelkose, fyngekap
¼ k (60 ml) geroosterde grondboontjies
2 grasuie, in skyfies gesny
½ fyngekapte rooi-ui
n hand vol gekapte vars koljander
Mosterdslaaisous
1 k (250 ml) mayonnaise
1 k (250 ml) volroom Griekse jogurt
½ k (125 ml) korrelmosterd
2 t (10 ml) mosterdpoeier
2 t (10 ml) fyngekapte knoffel
1 e (10 ml) fyngerasperde gemmer
2 e (30 ml) heuning
sap en skil van een suurlemoen
Instructions
Meng die gevlokte vis, mielies, appelkose, grondboontjies, grasuie, rooi-ui en vars koljander in ’n groot mengbak.
Meng die mayonnaise, jogurt, korrelmosterd, mosterdpoeier, knoffel, gemmer, heuning en suurlemoen in ’n bakkie.
Jy kan dit vir 2 dae in die yskas in ’n digsluitende houer bêre.
Snoek-jaffels
• Smeer 8 snye witbrood met 1 e (15 ml) botter. • Meng 1 k geurige snoekslaai (resep onder) met 3 e (45 ml) mosterdslaaisous (resep onder). • Smeer 3 e (45 ml) van die snoekmengsel op een sny brood, maak ’n holte in die snoekslaai. • Sit ’n saggekookte eier (vir 5-6 min. gekook en afgedop) in die middel van die snoekmengsel en plaas die ander sny brood bo-op, botterkant na buite. • Sny ’n rooi-ui in dik skywe, sit eers ’n skyf rooi-uie in die jaffelpan en sit dan die toebroodjie bo-op. • Braai oor matige hitte tot goudkleurig.