Snoek-en-appelkoos-slaai met krakerige patatskyfies
Snoek-en-appelkoos-slaai met krakerige patatskyfies
Serves:Genoeg vir 4. Serves 4Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Appelkoosslaaisous
80 ml (¾ k) avokado-olie
60 ml (¼ k) lemoensap
20 ml appelkooskonfyt
15 ml (1 e) Dijon-mosterd
10 ml (2 t) gekapte knoffel
400 g gerookte snoek
1 borriepatat of botterskorsie
olie vir diepbraai
Slaaibestanddele
125 g Turkse appelkose, geweek in 125 ml (½ k) rooibostee
125 ml (½ k) parmesaan skaafsels
80 ml (1/3 k) amandelvlokkies, liggies gerooster
’n hand vol babakruieblare
Instructions
1 Meng al die bestanddele vir die sous en hou eenkant. 2 Vlok die snoek en verwyder enige grate. Hou eenkant. 3 Sny patatlinte met ’n groenteskiller en braai tot bros in ’n diep kastrol, 2/3 gevul met verhitte olie. 4 Dreineer op kombuispapier en hou eenkant. 5 Dreineer die appelkose. Pak saam met die res van die slaai bestanddele op ’n bord. Sit die snoek en ’n hand vol patatskyfies by. 6 Sit met die appelkoosslaaisous voor.