Snoek-en-appelkoos-slaai met krakerige patatskyfies
Serves: Genoeg vir 4. Serves 4
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Appelkoosslaaisous
- 80 ml (¾ k) avokado-olie
- 60 ml (¼ k) lemoensap
- 20 ml appelkooskonfyt
- 15 ml (1 e) Dijon-mosterd
- 10 ml (2 t) gekapte knoffel
- 400 g gerookte snoek
- 1 borriepatat of botterskorsie
- olie vir diepbraai
- Slaaibestanddele
- 125 g Turkse appelkose, geweek in 125 ml (½ k) rooibostee
- 125 ml (½ k) parmesaan skaafsels
- 80 ml (1/3 k) amandelvlokkies, liggies gerooster
- ’n hand vol babakruieblare
Instructions
1 Meng al die bestanddele vir die sous en hou eenkant.
2 Vlok die snoek en verwyder enige grate. Hou eenkant.
3 Sny patatlinte met ’n groenteskiller en braai tot bros in ’n diep kastrol, 2/3 gevul met verhitte olie.
4 Dreineer op kombuispapier en hou eenkant.
5 Dreineer die appelkose. Pak saam met die res van die slaai bestanddele op ’n bord. Sit die snoek en ’n hand vol patatskyfies by.
6 Sit met die appelkoosslaaisous voor.
Rooi Rose
Lees Meer
Snoek jaffels
23/11/2023
Gerookte snoekslaai met mosterdslaaisous
24/02/2023