kategorieë: KalenderOntspanning

Smulpaap: Jannie du Toit en Leon Gropp deel die verhoog

Smulpaap: Jannie du Toit en Leon Gropp deel die verhoog inligting en foto verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Leon Gropp, voorheen lid van die instrumentale groep CH2, en Jannie du Toit, pionier van Afrikaanse musiek, bied op 8 April 2019 in die Atterburyteater ’n gesamentlike produksie aan wat hulle SMULPAAP noem. Hulle erken daarmee dat hulle lewensgenieters is – smulpape van musiek en taal.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook ons onderhoud met Leon Gropp

Die musiekpad voel soms soos ’n bergpas of ’n mallemeule – paaie wat bly kronkel deur opdraandes en afdraandes, waar jy in ’n laagte sonder enige uitsig kan ry en dan weer baie ver kan sien van ’n hoë kruin af. Jy sien ook van tyd tot tyd ander karre daar doer ver vir ’n oomblik tussen die bome uitflits en dan weer verdwyn.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jannie en Leon is musiekmakers wat gereeld in die verbygaan vir mekaar waai, groot respek het vir mekaar se werk en lankal besef dat hulle baie in gemeen het: ’n passie vir die lewe, vir skoonheid, vir goeie smaak, vir musiek en vir taal. Hulle staan op verskillende punte in daardie besondere reis van kunstenaars wat die klem op artistieke uitnemendheid plaas.  Nou gaan die twee vir ’n aand saam in ’n dubbelkarretjie van die mallemeule te klim – ’n keer hulle ware saam uitstal, soos Langenhoven sou sê vreugde deel om op dié manier die vreugde groter te maak.

Hulle word op die verhoog bygestaan deur Jannie se gevestigde ensemble van Susan Mouton (tjello), Chanie Jonker (klavier) en Theuns Botha (tromme) asook Leon se gereelde pianis, Marcel Dednam. Die werk van woordkunstenaars en musikante soos N.P. van Wyk-Louw, Christa Steyn, Koos Doep, Lucas Maree en Jacques Brel sal te hore wees, maar die klem is op Leon en Jannie se eie materiaal – hoofsaaklik nuwe komposisies uit hulle penne en kitare: kos vir die fynproewer.

Kom smul saam!

Besonderhede

Plek: Atterbury-teater, Pretoria

Datum: 8 April 2019

Tyd: 20h00

Bespreek kaartjies by iTickets

Kaartjies kos tussen R150 en R170

Navrae: 012 942 5951

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

16 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

17 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

20 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

21 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.