Café Frappé Gooi 100 ml kookwater oor 40 ml gemaalde koffie, voeg 30 ml melk by en laat afkoel. Meng 500 ml fyn ys, 4 druppels vanieljegeursel, 15 ml suiker en die afgekoelde koffie in ’n drankiemenger. Laat staan tot die koffie en skuim skei en skink dan in glasies. Basiliekruid-Bloody Mary Die drankie gee jou sommer ekstra woema ná ’n laataandkuier. 80 ml vodka; 360 ml tamatiesap; sap van ½ suurlemoen; 4-6 druppels Worcestershire-sous, Tabasco-sous na smaak, ’n hand vol basiliekruidblare, sout en gemaalde swartpeper. Meng al die bestanddele in ’n drankiemenger. Vul 2 glase met ys en skink die Bloody Mary oor die ys. Garneer met basiliekruidblare. Perske-bellini Verwyder die pit van ’n perske en verwerk in ’n voedselverwerker tot fyn. Skep die fyn perske in twee glase en vul die res van die glas met vonkelwyn. Garneer met kruisementblare. Ontbytskommel Drink die skommel as jy nie soggens tyd kry vir ontbyt nie, dit is amper soos ’n volledige ontbyt in ’n glas. 80 g gemengde bessies; ½ perske; 30 ml hawermout; 250 ml melk; 15 ml heuning; 30 ml Griekse jogurt, 2 hande vol ys. Meng al die bestanddele deeglik in ’n voedselverwerker. Garneer met vars bessies. Speserytee Geurige tee vir ’n koue oggend. Bring 20 ml suiker en 45 ml water tot kookpunt. Haal af en voeg 1 stuk lemoenskil, 1 skyfie gemmer, 2 heel naeltjies, 1 gekneusde kardemompeul, 1 kaneelstokkie en 2 kruisementtakkies by. Gooi 310 ml kookwater oor 4 rooibosteesakkies, laat vir 3 min. trek. Verwyder die teesakkies en voeg die suikerwater by die rooibostee en skink dadelik.Smullekker ontbytdrankies
Instructions
Genoeg vir 2
Genoeg vir 2
Genoeg vir 2
Genoeg vir 2
Genoeg vir 2