kategorieë: KersfeesNuut & NouKos

Smulfees in ’n boks

Vir ’n ma met 3 seuns het dié manier van inkopies doen nog nooit baie sin gemaak nie aangesien ek op grootmaat moet koop om die honger wolwe te voer. Netjies verpakte aandetes, elke bestanddeel afgemeet, afgelewer in bokse wat jy self kan kook sou net nie werk nie want UCOOK sou tien bokse op ’n slag by my moes aflewer! Vir rooi rose se skoonheidsredakteur Suzanne Kotzé is UCOOK egter die ideale oplossing. Met 2 kleintjies wat vroegaand eet kan sy en haar man heerlike, “grootmens” kos in ’n kits maak en rustig eet met UCOOK se daaglikse spyskaarte.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vir Kersfees het UCOOK die  bekende sjef Frank Dangereux gevra om feestelike spyskaarte saam te stel. Frank, wat die Foodbarn in Noorhoek besit, is een van my gunstelingsjefs en die idee het onmiddellik byval gevind. UCOOK het vir my die geleentheid gegee om een van die spesiale Kersspyskaarte op die proef te stel. Jy kan self jou spyskaart op die webblad kies en besluit hoeveel mense dit moet voer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek het besluit op die tradisionele lemoengeglaseerde eend met bygregte van aspersies, Ratatouille, geroostede aartappels, groenslaai en ’n kekerertjie- en-lensieslaai. Die spyskaart het ook ’n voorgereg van salm-aartappelkoekies ingesluit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Salm-aartappelkoekies

Op ’n Saterdagmiddag het die de Beer-gesin besluit om ’n vroëe Kersete te kook. Ons is groot Masterchef-aanhangers en almal het besluit dat dié kooksessie ’n Masterchef “cookoff” moet aanneem. Elkeen het ’n resep (of twee) gekies en ons het weggespring!

Lucca (16 jaar oud) het met die Ratatouille begin. Dié heerlike Franse “groentebredie” is redelik tydsaam om te maak aangesien al die groente gesny en afsonderlik gaar gemaak moet word. Lucca het dit presies soos die resep gemaak alhoewel hy die groente groter gesny het. Nikolai (11 jaar oud) het begin met die aartappelkoekies met salm vir voorgereg en ook die geroosterde aartappels. Albei kon eenvoudig hul resepkaart en bruinpapiersakkie met bestanddele gryp en wegspring. Die resepte lees en volg maklik en ek moes net hier en daar ’n hand bysit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Groenslaai

Joe (my beter helfte) het vir ons wyn geskink en gesorg dat die skottelgoed gewas is. Ek het die lemoeneend begin voorberei aangesien dit bykans 2 ure se voorbereiding geverg het. Nou moet ek noem dat my ma die BESTE lemoeneend in die wêreld maak (klik hier vir die resep) so ek wou graag sien hoe dié maklike resep van Frank sal smaak. Frank se metode van gaarmaak werk perfek. Die eend was sappig  en baie smaakvol. Die glaseersel wat uit Port en Marmalade gemaak word, was ’n bietjie dun en het van die eend afgeloop – so die eend was nie so donker soos op die UCOOK-resepkaartfoto nie.

Binne 3 ure het ons ’n heerlike feesmaal gekook!

Lemoengeglaseerde eend (rou)

Lemoengeglaseerde eend (gaar)

Ons het die tafel mooi gedek en “Kersfees” gehou.

Ek dink beslis dié ete is die moeite werd, dit is maklik en eenvoudig en ek het nie ure inkopies daarvoor gedoen nie. As ’n 16- en 11-jarige die resepte kan maak , kan jy ook. Behalwe vir die port wat aan die brand geslaan het (maar vinnig geblus is) was daar geen werlike krisis nie. Dit is maklik, vinnig en smullekker. Gaan loer op ucook.co.za vir jou spyskaart , dit word die 22ste Desember by jou huis afgelaai!

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

11 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

22 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.