Hierdie gewilde kaasfees bied ’n verskeidenheid kase, van bekende handelsmerke tot unieke variëteite. Dis ’n plek waar jy kan smul en proe omring met heerlike geselskap en vermaak.
Kreatiewe kosdemonstrasies sal aangebied word én jy kan verskeie uitstekende wyne beproef. Die volledige Fairtrade-wynreeks van Merlot, Cabernet Sauvignon, Shiraz, Sauvignon Blanc en Unwooded Chardonnay kan onder andere geproe en gekoop word by die Place in the Sun Fairtrade-stalletjie.
Besoek cheesefestival.co.za of placeinthesun.co.za vir meer inligting.