Serves:1 groot koekNutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
500 g botter
500 ml (2 k) melk
4 k strooisuiker
300 g witsjokolade, gekap
4 k koekmeel, gesif
15 ml (1 e) bakpoeier
15 ml (1 e) vanieljegeursel
4 eiers
knypie sout
Voorverhit die oond tot 160ºC.
Versiering
500 g (5 klein plakke) witsjokolade
250 ml (1 k) vars room
140 g botter
Instructions
Voer ’n koekpan met ’n inhoudsmaat van 4-5 liter met ’n dubbele laag bakpapier uit en spuit met kleefwerende kossproei.
Smelt die botter, melk, sjokolade en suiker in ’n middelslagkastrol oor lae hitte terwyl jy deurentyd roer.
Meng die meel, bakpoeier, vanielje en eiers in ’n groot mengbak. Voeg die sjokolade-en-bottermengsel by die meelmengsel en klits met ’n elektriese handklitser tot glad.
Giet die mengsel in die koekpan en bak vir 1½ uur in die oond tot gaar. ’n Toetspen moet skoon uitkom wanneer jy dit indruk.
Laat die koek heeltemal afkoel. Versier met die witsjokoladeversiersel en outydse blomme soos tuinrose of japonikas.
Versiering
Smelt die witsjokolade, room en botter in ’n middelslagkastrol oor lae hitte. Roer tot alles gesmelt is. Haal van die hitte af en laat heeltemal afkoel.
Wanneer dit heeltemal koud is, klits met ’n elektriese handklitser vir ±5 min. tot die mengsel veerlig en donsig is.
Smeer van die versiersel oor die een koek en sit die ander een boop. Skep die res van die versiersel op die koek en smeer oor die hele koek - begin bo en smeer dan teen die kante. Versier die kante van die koek met ’n omhulsel van sjokoladeblokke.