Vars lemmetjies en vars koljanderblare vir opdiening
Instructions
1. Maak seker dat die mossels skoon is. Gebruik ’n groot swaarboompan met ’n deksel. Braai die seldery, uie en knoffel in die olyfolie tot sag en deurskynend. 2. Voeg die garam-masala by en meng deeglik. Plaas die mossels in die pan met die Sedgwick’sd Original Old Brown. Plaas die deksel terug en laat op die stoof vir 7-8 minute. Skud die pan van tyd tot tyd. 3. Verwyder die deksel en gooi alle mossels weg wat nie oopgemaak het nie. Voeg die room by en verhit. Bedien die mossels met vars lemmetjies, koljander en kraakvars plaasbrood.