Slim wenke vir wasdag. Saamgestel deur Cornelia Postma.
Wasmasjienwenke
- Moenie jou masjien oorlaai nie, dit verhoed dat al jou wasgoed behoorlik skoon kom.
- Gebruik ander siklusse of instellings, dit kan jou klere ’n langer leeftyd gee as wanneer jy jou gewone of delikate instelling gebruik.
- Het jou klere gekrimp? Herstel dit deur jou klere vir ’n paar minute in opknapper of baba-sjampoe te week. Rek en rol dit dan weer na die normale grootte.
- Raas dit baie wanneer jy jou skoene was? Knoop die lusse en laat dit buite die wasmasjien se deur hang.
- Moenie jou tuimeldroeër misbruik nie, dit kan jou klere verniel. Gebruik Suid-Afrika se warm son tot jou voordeel.
Strykwenke
- Stryk plooie reg deur dit met ’n skuifspeld (paper clip) of skuifknippie vas te maak en dan daaroor te stryk. Wees net versigtig dat die skuifspeld nie vashaak nie.
- Gebruik die regte tegniek deur reguit af te stryk en nie rond te wikkel nie. Die klere kan uitrek as jy ’n strykyster oor die klere wikkel.
- Spaar tyd deur jou strykbord met foelie toe te draai (blink kant na bo), sodat jy altwee kante van die item op een slag kan stryk – die foelie gelei hitte, maar werk versigtig!
- Sorg dat jou klere lekker ruik deur ’n druppel van jou parfuum by die strykyster se water te gooi en dan te stryk.
- Beskerm jou klere se voorkoms deur dit aan die binnekant te stryk.
Opvouwenke
- Kledingstukke wat glad is of moeilik is om op te vou, moet liefs opgehang word.
- Gebruik ’n tydskrif om hemde met knope te vou.
Lees nog: Vou jou klere in ’n oogwink
Nog oulike wasgoedwenke
- Voorkom dat sykouse leer deur haarsproei daarop te spuit.
- Gebruik ’n wit brood se binnekant om ’n lipstiffiemerk uit ’n hemp te haal. Die hele merk sal nie verdwyn nie, maar dit wat oorbly sal in die wasmasjien uitkom.
- Gebruik ’n skeermessie om verf van klere af te kry.
- Gebruik verskillende mandjies om vuil klere te sorteer.
- Gebruik ’n haakspeld om stelle kouse bymekaar te hou voor jy dit in die wasmasjien sit.
Lees nog: 6 wenke vir wanneer jy oefenklere koop
Hooffoto: Pixabay