Vries slim
- Maak seker gaar kos is heeltemal afgekoel voor jy dit vries. Warm kos sal die temperatuur van die vrieskas opstoot en ander kosse laat ontdooi.
- Gebruik verpakkings wat vir die vrieskas bedoel is en vriesbrand voorkom.
- Probeer om van soveel moontlik lug ontslae te raak. Vir vloeistof moet jy ’n bietjie ruimte los sodat dit kan uitsit.
- Om kos in kleiner porsies te vries is heelwat vinniger en ook makliker om te ontvries.
- Dit is beter om gevriesde kos oornag in die yskas te ontvries en nie by kamertemperatuur nie.
- Vars kruie vries nie so goed nie. Voeg dit liefs net voor opdiening by.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
Vrieswenke
- Stoor gevriesde kos in plat, reghoekige of vierkantige houers wat netjies opmekaargestapel kan word.
- Blansjeer groente voor jy dit vries, want dan bly die kleur behoue en dit verkort die gaarmaaktyd.
- Hou ’n lys in ’n lêersakkie op jou vrieskas se deur sodat jy weet wat onderin die vrieskas is.
- Vries oorskiettamatiepasta in ysbakkies. Jy kan die tamatieblokkies net so byvoeg wanneer jy ’n tamatiesous maak.
- Sit lemoen- en suurlemoenskille in die vrieskas en rasper hulle so gevries wanneer benodig.
- Wees op die uitkyk vir veeldoelige vriesbakkies. Van hulle kan sommer uit die vrieskas in die mikrogolf gesit word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); } '); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Onlangse plasings
Genoeg vir 1 groot bessietert met deeg oor. Bestanddele Basiese soet deeg Een…
’n Onlangse studie in die Verenigde Koninkryk het bevind die meeste werkers boet meer as…
Met Suidoosterfees 2025 se tema, “Kuns is alles”, herinner dié gewilde kunstefees Suid-Afrikaners dat kuns…
’n Blaaskans oor middagete maak jou meer kreatief en produktief.
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Hierdie webwerf gebruik koekies.