Foto: Pixabay
Wat pla die meeste vroue nog wanneer dit by wasgoed kom, buiten die feit dat dit soveel tyd in beslag neem?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }• Stryk, opvou en wegpak
• Die klam reuk van klere
• Die koste daarvan om al die toestelle te gebruik
Gedurende die winter, sodra koue weer toeslaan, is dit asof die wasgoed al hoe vinniger ophoop, maar hierdie winter behoort die gebruik van hierdie maklike, slim oplossings te help om tyd te bespaar!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Prioritiseer die wasgoedmandjies. Hou ’n mandjie vir noodsaaklike items, soos skooldrag, sportdrag en werksklere. Verduidelik aan die gesin en die huishulp dat hierdie mandjie se wasgoed eerste gewas en drooggemaak moet word wanneer die weer eers begin versleg.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Tensy klere vuil lyk, kan jy ’n korter wassiklus op jou wasmasjien kies.
Sit ’n paar kouse, onderklere en liggewig items in om die masjien vol te maak en om sodoende tyd op die lange duur te bespaar.
Alle klere moet eers reggetrek word voordat jy dit ophang om droog te word. Werksklere moet reggetrek, op ’n hanger geplaas en dan opgehang word, aangesien dit strykwerk sal spaar, wat gewoonlik die meeste tyd in beslag neem.
Spindel is die beste tydbespaarder wanneer dit by wasgoed kom, en kom ook in die winter tot ons redding. Dit gebruik baie vinnige spinkrag in plaas van hitte om tot 80% van die oorblywende vog binne net drie minute uit die klere te verwyder. Die wasgoed word dus baie vinniger droog – selfs binnenshuis op ’n reënerige dag. Spindel is ook veilig vir alle soorte materiaal, en omdat dit oormatige vog uit klere verwyder, en veral handdoeke, word die wasgoed deeglik droog, sonder daardie ewige klam reuk.
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.