Slim maniere om minder sout te gebruik

As tuissjef weet jy hoe goed ’n bietjie sout die geure in geregte en selfs in vars groente en sjokolade na vore bring. Maar jy is ook die kweker van jou gesin se gesondheidsgewoontes. As jy oor die langtermyn baie sout gebruik, kan jy of jou gesin oor 10/20 jaar met permanente hoë bloeddruk sit, wat ’n groot kans op beroerte veroorsaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die risiko is verbasend hoog in ons land: ongeveer een uit elke drie Suid-Afrikaners ontwikkel mettertyd hoë bloeddruk. Daarby is die voorkoms van beroerte (wat baie dikwels deur hoë bloeddruk veroorsaak word), selfs hoër as hartaanvalle.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hoe balanseer jy dus geurige kos met gesondheid? Kyk na die wenke onder. Selfs al kies jy net drie sal jy jou mense al klaar ’n halwe teelepel tot een teelepel sout per dag spaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sny sout geleidelik uit

Die liefde vir sout is ’n aangeleerde smaak wat jy met gemak kan afleer, sonder om ingedoen te voel. IFIC, (International Food Information Council) wat op voedselwetenskappe fokus, sê mense kom nie eens agter as daar 25-40% minder sout in hul kos is nie. Die kuns is om geleidelik af te skaal. As jy gewoonlik ’n opgehoopte teelepel sout gebruik, gebruik eerder ’n plat teelepel. Sny dit na ’n week of drie nog ’n aks, tot jy na ’n maand of drie op ’n halfteelepel staan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dink wat jy jou kinders leer

As jy sout op die tafel sit, leer jy jou kinders om sout oor al hul kos te gooi. Mense raak so gevestig in hierdie gewoonte dat hulle sout gebruik sonder om eers die kos te proe. So leer hulle ’n voorliefde vir souter kos aan. Dieselfde geld vir tamatiesous, blatjang, mosterd, mayonnaise en so meer – alles produkte propvol sout. Sit liewer vars gekapte of droë kruie op die tafel.

Tower geure op met ’n bietjie meer olie

Net soos sout bevat olie die vermoë om geure uit te bring. Ons het in elk geval gesonde olies nodig, vir die omega 3-vetsure daarin. Gebruik dus ’n skeut olyf-, avokado- of canola-olie oor slaaie en groente in plaas van sout.

Span kruie in

Kruie soos pietersielie, basielie, tiemie en roosmaryn gee ’n heerlik souterige smaak aan vleis, groente en soutgeregte. Dit is boonop ryk aan anti-oksidante en gee jou daarom twee voordele.

Snoep soutslim

Pakkies skyfies, kitskos soos hoenderstukkies en veral die pakkies sous wat daarmee kom, bevat geweldig baie sout. Die beste soutvrye happies vir jou gesin is vrugte; kyk veral na Clicks en Vital se reekse laesouthappies vir skool en werk.

Soek die laer sout-opsies

Al meer produkte word deesdae met minder of geen sout vervaardig. As jy tussen twee produkte moet kies, kies die een wat minder of geen sout bevat nie. Of kyk op die voedseletikette – die een met die minste natrium, oftewel ‘sodium’, is die beste.

Vervang waar jy kan

As jy vir jou gesin ’n hamburger of pizza voorsit, dink slim.

• Oondgebakte tjips bevat minder sout as slaptjips of skyfies.
• Oorskietvleis is ’n beter opsie op pizza as polonie, ham of spek.
• Geur ’n pizza of pasta met skerp kruie soos basielie, tiemie en rooipeper sodat jy minder souterige kaas kan gebruik.
• Gebruik mossarellakaas omdat dit minder sout bevat as feta en gouda.

Gebruik min, of minder

Is jy gewoond aan ’n stewige lepel smeerkaas of groentesmeer? Verminder dit geleidelik – en verlei jou smaaksintuie deur vars basilie of roket by te sit, sodat die fokus op die vars, krakerigheid val eerder as op die sout.

Minder olywe en kaas

Het jy geweet olywe en kaas is propvol sout? Jy hoef dit egter nie uit te sny nie. Twee tot drie olywe en ’n porsie kaas ekwivalent aan een lepel is binne die soutperke.

Oondbak jou groente

Die meeste groente is so geurig dat dit eintlik nie sout benodig nie. Maar as jy dit in water kook, gaan die geure verlore, waarvoor ons gewoonlik met ’n stewige skeut sout vergoed. Bak jou groente en kyk hoeveel beter bly die natuurlike geure behoue, sonder dat jy sout hoef te gebruik.

Mikrogolf jou groente

Dieselfde gebeur as jy groente mikrogolf. Onthou om dit te prik of in die helfte deur te sny, sodat dit nie weens uiteensetting ontplof nie. Nog ’n wenk: plaas jou groente in ’n glasbak met ’n deksel en een lepel water. Dit keer dat dit uitdroog. Jy sal verbaas wees oor hoe sag en sappig selfs aartappels, patats, skorsies en murgpampoentjies is as jy so maak.

Gebruik waterlose potte

Nog ’n doeltreffende manier om smake te behou en minder sout hoef te gebruik.

Maak dit tuis

Gekoopte pap is ’n groot bron van sout. As jy egter self hawermout, mieliepap of muesli maak, kan jy die sout daarin beheer. Tuisgebakte brood, skons, muffins, beskuit en so meer bevat ook minder sout as gekoopte gebak.

Leer jou huismense aandagtig proe

Wanneer laas het jy ’n gekookte eier happie vir happie geniet? Die eerste wat jou opval is hoe sout ’n eier werklik is. Sout verdoesel eintlik sy lekker smake.

Lees ook: 10 kosse met die meeste sout

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

2 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

8 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

9 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

9 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

9 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.