Volgens die ontwikkelaars van dié speletjie kan deelnemers ongeveer 0.7 kg per week verloor deur dit slegs vier keer per week se speel. Dit is boonop maklik, vinnig en verbruikersvriendelik en sal nie langer as 10 minute neem om te voltooi nie.
Die speletjie behels dat die speler herhaaldelik op prente van gesonde kos moet klik terwyl hy/sy prente van ongesonde kos moet vermy. Hoe meer jy op die regte prente klik hoe groter is jou kans om te wen. Dit sal daartoe lei dat jy ongesonde kosse met die konsep van verloor sal assosieer en gesonde kosse as ’n manier om te wen, sien.
Dit is egter belangrik om te onthou dat dié speletjie nie as ’n wonderkuur vir gewigsverlies gesien moet word nie. En soos ander dieet-hulpmiddels, moet dit ook saam met ’n gebalanseerde dieet en oefenprogram gebruik word.
Probeer dit hier: foodtraining.exeter.ac.uk/ en deel jou ervaring met ons in die kommentaar.