Genoeg vir 4
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }4 groot lemoene, geskil en in segmente verdeel
400 g fetakaas
’n groot hand vol bronkors (watercress) of ’n hand vol roketblare
Geroosterde heuningamandels
45 ml (3 e) botter
150 g (1½ pakkies) gevlokte amandels
45 ml (3 e) heuning
Basiese slaaisous
Genoeg vir 125 ml (½ k)
80 ml (1/3 k) olyfolie
30 ml (2 e) witwynasyn
1 knoffelhuisie, gekneus en fyn gekap
5 ml (1 t) Dijon-mosterd
’n hand vol gekapte pietersielie, grasuie en tiemie
sout en swartpeper
1 Smeer ’n bakplaat liggies met olie. Smelt die botter vir die amandels in ’n kastrolletjie oor matige hitte. Roer die amandels by en kook vir 1 – 2 min. of tot die amandels verkleur.
2 Roer die heuning en sout by en kook vir nog 2 – 3 min., of tot die amandels goudkleurig is en die heuning gekaramelliseer het.
3 Sit die neute eweredig op die gesmeerde bakplaat. Laat afkoel en breek in kleiner stukkies.
4 Klits die bestanddele vir die basiese slaaisous saam en geur volgens smaak.
5 Sit die lemoensegmente, fetakaas en slaaiblare in ’n mengbak en giet van die slaaisous oor.
6 Verdeel die slaai tussen 4 borde, strooi die amandelstukkies oor en sit dadelik voor.
In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…
Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…
Deur Jade Rhode As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…
Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld? - Tirsa van Staden Lees…
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Hierdie webwerf gebruik koekies.