Slaai met vrugte, parmaham & fetakaas Teken in Ek wil nie meer ingeteken wees nie
Ingredients Slaaisous • 1 k (250 ml) vars kruisement • ½ k (125 ml) olyfolie • 10 ml vars knoffel, fyngekap • 15 ml witwynasyn • 10 ml heuning • knypie sout Slaai • 6 lappies parmaham • ½ spanspek, afgeskil en in wiggies gesny • 1 avokado, geskil en in skyfies gesny • 200 g waatlemoen, geskil en in blokkies gesny • 200 g fetakaas, verbrokkel • 50 g pistasieneute, uit die dop • ½ rooi-ui, geskil en in dun skyfies gesny • ’n hand vol vars basiliekruid • ’n hand vol vars kruisement Instructions Bring water in ’n middelslagkastrol tot kookpunt. Dompel die kruisementblare vir sowat ’n minuut in die kokende water, dreineer en sit in yswater. Dreineer en druk die oortollige water uit. Verwerk die kruisement en die olie in ’n voedselverwerker tot fyn. Gooi deur ’n sif. Meng die kruisementolie met die knoffel, witwynasyn en heuning. Hou eenkant. Draai ’n skyfie parmaham om elke spanspekskyf en pak dit op ’n dienbord. Pak skyfies avokado tussenin en strooi die res van die bestanddele oor die spanspekskywe. Sit met die kruisementslaaisous voor.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
Lees ook: Oosterse waatlemoenslaai
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Onlangse plasings Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…
Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…
Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…
Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou. [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…
Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…
In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…
Hierdie webwerf gebruik koekies.
Aanvaar