Slaai met vrugte, parmaham & fetakaas
Serves: 4
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Slaaisous
- • 1 k (250 ml) vars kruisement
- • ½ k (125 ml) olyfolie
- • 10 ml vars knoffel, fyngekap
- • 15 ml witwynasyn
- • 10 ml heuning
- • knypie sout
- Slaai
- • 6 lappies parmaham
- • ½ spanspek, afgeskil en in wiggies gesny
- • 1 avokado, geskil en in skyfies gesny
- • 200 g waatlemoen, geskil en in blokkies gesny
- • 200 g fetakaas, verbrokkel
- • 50 g pistasieneute, uit die dop
- • ½ rooi-ui, geskil en in dun skyfies gesny
- • ’n hand vol vars basiliekruid
- • ’n hand vol vars kruisement
Instructions
- Bring water in ’n middelslagkastrol tot kookpunt.
- Dompel die kruisementblare vir sowat ’n minuut in die kokende water, dreineer en sit in yswater. Dreineer en druk die oortollige water uit.
- Verwerk die kruisement en die olie in ’n voedselverwerker tot fyn. Gooi deur ’n sif.
- Meng die kruisementolie met die knoffel, witwynasyn en heuning. Hou eenkant.
- Draai ’n skyfie parmaham om elke spanspekskyf en pak dit op ’n dienbord. Pak skyfies avokado tussenin en strooi die res van die bestanddele oor die spanspekskywe.
- Sit met die kruisementslaaisous voor.
Lees ook: Oosterse waatlemoenslaai
Michelle Nortje
Lees Meer
Geroosterde aartappel-en-spek-slaai
19/12/2024
Vinnige salmpasta
18/12/2024
Gevulde soetrissieslaai
18/12/2024