kategorieë: KosGebak

Skuinskoek

Genoeg vir 8

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • 625 ml (2½ k) koekmeel
  • 125 ml (½ k) suiker
  • knypie sout
  • 8 ml (½ e) fyn kaneel
  • 8 ml (½ e) kremetart
  • 20 ml (1 e + 1 t) botter
  • 45 ml (3 e) melk
  • 45 ml (3 e) water
  • 5 ml (1 t) koeksoda
  • 2 eiers, geklits
  • olie

Kaneelsuiker

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • 80 ml (1⁄3 k) fyn kaneel
  • 80 ml (1⁄3 k) strooisuiker

Metode

  1. Sif die koekmeel, suiker, sout, kaneel en kremetart saam.
  2. Vryf die botter met die vingerpunte by die meelmengsel in.
  3. Meng die melk, water en koeksoda. Gooi eers net die helfte van die melkmengsel by die eiers en meng. Gooi die eiermengsel by die meel en meng. Die deeg moet sag maar nie slap wees nie. Voeg die res van die vloeistof indien nodig bietjie vir bietjie by tot die meel nat en die deeg kniebaar is.
  4. Knie die deeg op ’n meelbestrooide werkvlak tot glad en elasties.
  5. Trek ’n stuk van die deeg af en rol tot dit soos ’n dik boerewors lyk. Druk eweredig plat met die palm van die hand totdat dit 1½ tot 2 cm dik is.
  6. Sny in skuins stroke van sowat 5 cm breed.
  7. Bak in warm, diep olie oor matige tot lae hitte. Toets eers die hitte met ’n stukkie deeg – die olie moenie te warm wees nie sodat die koekies kan rys en nie te donker braai nie.
  8. Skep met ’n gaatjieslepel uit en dreineer op kombuispapier.
  9. Kaneelsuiker: Meng die kaneel en suiker. Rol die warm skuinskoekies in die kaneelsuiker en sit voor met dubbeldikroom en moskonfyt.
Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

4 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

5 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

5 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

5 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

5 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.