kategorieë: Ontspanning

Skryf in: RSG en ATKV span kragte saam vir die 27ste Jaarlikse Radiodramaskryfkompetisie

Die algehele wenner ontvang R50 000, die naaswenner R25 000 en die drama wat die derde plek beklee kry R15 000.  Die Jong Skrywer (jonger as 30 jaar) sal ook R15 000 ontvang.  ‘n Bykomende merieteprys van R10 000 word toegeken aan ‘n drama wat deur die beoordelaars gekies word uit die finaliste wat nie vir die vier topposisies kwalifiseer nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Buiten die prysgeld word die wendramas ook in 2024 op RSG uitgesaai.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Donderdag 31 Augustus 2023. Inskrywings kan per e-pos gestuur word na radiodrama@rsg.co.za.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Radio is intiem. Ons luister radio wanneer ons bestuur, op die rusbank sit, of wanneer ons stap. Dis ʼn gesprek tussen die luisteraar en die omroeper. Net so vertel ‘n radiodrama aan elke luisteraar ʼn storie. Die karakters leef in die luisteraars se verbeelding en so word ʼn splinternuwe wêreld in hul gedagtes geskep.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

RSG is opgewonde om hierdie jaar die gesogte kompetisie saam met die ATKV aan te bied. Gerrie Lemmer, uitvoerende hoof: kultuur van die ATKV sê dat radiodramas die woordkuns tot binne-in luisteraars se huise neem. Omdat die ATKV weet hoe ’n groot rol radio steeds in baie Afrikaanssprekendes se lewens speel, is dit vir die ATKV ’n voorreg om op hierdie manier by te dra tot die uitbou en bewaring van ons pragtige taal.

Sonél Brits (Besturende direkteur van die ATKV-MSW), Kobus Burger (RSG programbestuurder), Eloise Cupido (aanbieder van die program In Tussen op RSG), Estel de Beer (senior regisseur: mandaat drama en opvoedkunde RSG).

Daar is geen voorgeskrewe tema nie. Inskrywings  moet nuwe en oorspronklike radiodramas wees. Geen verwerkings van bestaande materiaal of verhoogdramas of stories wat al voorheen gepubliseer is, sal aanvaar word nie.

Die volle spektrum van Afrikaans se variëteite kan gebruik word.  Slegs een inskrywing per persoon word toegelaat.  Die duur van die dramas moet tussen 40 en 50 minute wees – ‘n maksimum van 45 A4-bladsye wat volgens die wedstrydreëls getik is.  ‘n Maksimum van sewe karakters word toegelaat.  Die kompetisie sluit 31 Augustus 2023.

‘n Volledige handleiding wat ook die reëls en inskryfvorm bevat, is gratis op RSG se webblad beskikbaar. Daar is ook ‘n spesiale blad met skryfwenke vir nuweling-skrywers, asook diegene wat graag aan hulle skryftalent wil skaaf.

In die eerste ronde van beoordeling word tussen tien en twintig tekste gekies wat dan met die hulp van ‘n mentor vir die eindronde geslyp word. Die finaliste kan daarna hulle tekste vir die eindronde van beoordeling voorlê.

Volgens Estel de Beer, RSG se Senior Regisseur: Mandaat, is radiodramaskryfkompetisie een van die belangrikste hulpmiddels om nuwe skrywers en gevolglik nuwe stemme te ontdek. Die wye verskeidenhied inskrywings wat ontvang word verseker dat daar menigte onderwerpe is wat aangespreek word.

Besoek RSG se webblad by rsg.co.za vir besonderhede oor die kompetisie, en om die kompetisie se handleiding af te laai.

Vir meer inligting, kontak Estel de Beer Senior Regisseur: Mandaat

E-pos: estel@rsg.co.za

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Melina Lewis – oor haar nuwe boek

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.