Deur Maryke Roberts
In My ma kook beter as joune gaan twee spanne teen mekaar deelneem. Die spanne bestaan elk uit ’n ma wat haar plek in ’n kombuis kan volstaan en een van haar kinders (18 en ouer) wat glad nie kan kook nie. Die resep wat hulle kook is een wat Ma self voorsien het. Die wenspan neem ’n stewige R10 000 huis toe en kan spog: My ma kán beter as jou ma kook.
Aansoeke, wat ’n kort video en inskryfvorm insluit, sluit op 1 Oktober.
Hoe maak mens? Maak saam ’n kort prettige video van maksimum drie minute waarin julle mekaar voorstel en vertel hoekom julle een van die spanne met wees. Voltooi ook hierdie kort inskryfvorm.
WhatsApp dié video na 079 111 0019 en die inskryfvorm, na [email protected]. Navrae kan ook na die e-posadres of nommer gestuur word.
Die reeks word van 24 Oktober tot 1 November 2022 by Homebrew Films se ateljee in Kaapstad verfilm. Julle sal een dag op stel wees.
Lees nog: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Janey en Waney