kategorieë: KalenderOntspanning

Skryf dit in jou (fees)dagboek vir 2017

Kirstenbosch-somerkonserte

Vir Kapenaars is dit die ‘in ding’ op Sondae! Hierdie ontspanne konserte skop af tussen 17:00 en 17:30 in die rustige Kirstenbosch Botaniese Tuine en kaartjiepryse wissel tussen R90 en R165. Kunstenaars vanjaar sluit in Dan Patlansky, Goldfish, Francois van Coke en Karen Zoid. Klik hier vir meer

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Park Acoustics

Hierdie maandelikse familie-vriendelike konsertreeks skop af op Sondag, 5 Februarie by Fort Schanskop (op dieselfde gronde as die Voortrekker Monument), met Francois van Coke. Kaartjies wissel tussen R120 tot R150. Besoek die webblad vir meer

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bonnie Tyler

Met treffers soos ‘Holding out for a Hero’ en ‘Total Eclipse of the Heart’, gaan hierdie  internasionale popsensasie gehore behoorlik meevoer met geskeduleerde optredes op 22, 24 en 26 Maart by die Johannesburg Teater. Kaartjies beloop tussen R250 en R950. Klik hier vir meer

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Oppikoppi 23

Alhoewel die kunstenaars nog nie bevestig is nie, kan geen Suid-Afrikaanse feesganger homself as ’n gretige musiek-aanhanger beskou sonder om ’n draai by dié stowwerige bosveldbasis en dekadente viering van plaaslike (asook internasionale), vermaak te maak nie. Hou ’n oog op die webblad: www.oppikoppi.co.za vir meer inligting. Early Bird-kaartjies is beskikbaar teen R750.

Kanala

Die tipiese klassiek van Suid-Afrikaanse teater, Kanala, is geskep deur David Kramer om die 50ste bestaansjaar van die hardhandige verwydering van mense uit Distrik 6 (deur die destydse Apartheidsregering) te herdenk. Dit volg op die hakke van Kramer en wyle Taliep Peterson se hoogs suksesvolle musiekblyspel Distrik 6, Kat and the Kings en Fairyland. Kanala sal opgevoer word tot Sondag (26 Februarie). Kaartjies kos R200. Bespreek jou plek hier

Musiek-ervaring Vanderbijlpark

Met opvoerings deur Moneoa en Gcwensa, Saterdag (25 Februarie) by Emerald Resort and Casino, is dit ’n geleentheid wat nie misgeloop kan word nie. Early Bird-kaartjies is beskikbaar teen R180. Klik hier

The Lumineers

Ná hul trefferliedjie Ho Hey, van hul tweede studio album, was die vier jaar se wag vir Cleopatra uit en uit die moeite werd gewees. Die internasionale musiekgroep is geskeduleer om Suid-Afrikaanse aanhangers op Woensdag (26 April) by Green Point Park in Kaapstad en Vrydag (28 April) by die Ticket Pro Dome in Johannesburg met hul talent te kom vermaak. Kaartjies vir 26 April (Green Point Park) beloop R545 terwyl kaartjies vir 28 April (Ticket Pro Dome) R745 kos. Klik hier

Justin Bieber

Die internasionale popsensasie, Justin Bieber, lê vanjaar ’n besoek aan Suid-Afrika af as deel van sy 2017 Purpose World Tour. Hy tree op 14 Mei by die FNB Stadium in Johannesburg op en 17 Mei by die Kaapstad Stadium. Kaartjies beloop tussen R350 en R15 000. Bespreek jou plek hier

Rocking the daisies

Kry jou tent, sintuie, fiets en stapskoene gereed! Hierdie enig in sy soort, eko-vriendelike fees is ’n skouspel om te aanskou en vind plaas net buite Darling tussen 5 en 8 Oktober 2017. Hou jou oë oop vir inligting oor die kunstenaars op die fees se webblad: www.rockingdaisies.com

Early Bird kaartjies is beskikbaar teen R750.

Innibos

Hierdie ikoniese Afrikaanse kunstefees vind  vanjaar plaas vanaf Woensdag (5 Julie) tot Sondag (8 Julie). Jy kan verwag om vermaak te word deur die beste in Afrikaanse musiek en teater, asook Afrikaanse literatuur en leefstyl. Kaartjies is nog nie beskikbaar nie, maar kunstenaars wat gaan optree sal op 1 Mei 2017 op die fees se webblad www.innibos.co.za aangekondig word.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Is jy dalk uitgebrand? Toets jouself

Toets 1 Ek voel emosioneel dood. Dit is asof ek my werk en my kollegas op…

13 hours Gelede

6 oefeninge wat snork stop sit

Ons snork omdat ons keelweefsel pap raak. Spiere wat nie gebruik word nie raak pap…

13 hours Gelede

5 dekorflaters om te vermy

Dit is nie altyd maklik om jou eie huis te versier nie. Ons het gaan…

13 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met André de Villiers oor nuwe seisoen van ‘4×4 Met André’

Maak jou reg vir ’n onvergeetlike Namibiese 4x4-avontuur met die bekende 4x4-spesialis, André de Villiers.…

14 hours Gelede

Marciel groet vanjaar ‘Boer soek ’n vrou’

In ’n eksklusiewe onderhoud met Landbouweekblad het die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Hopkins onthul…

16 hours Gelede

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.